Daar is 'n groot verskeidenheid van oortuigings onder en selfs binne verskillende San-groepe maar hulle het ook baie in gemeen selfs in gebiede wat wyd van mekaar geskei is. In die laat 19de eeu het 'n / Xam (Noord-Kaapse San) man en 'n ander man van Lesotho onafhanklik van mekaar hul geloof in 'n wese met die naam van / Kaggen of Cagn beskryf. / Kaggen was 'n gekombineerde bedrieër en skepper - kragtig en soms welwillend, maar in staat om skelm, kwaadwillige en dom dade te pleeg. Dit is van mening dat hy die eland geskep het, die dier wat die meeste in Suid-Afrikaanse rotstekeninge voorkom.
Die Kalahari San het 'n soortgelyke bedrieër figuur in hulle tradisionele verhale. Die Ju / hoasi word beskryf as 'n groot en 'n mindere god, die voormalige hou verband met die lewe en die opkomende son en laasgenoemde met die dood en die weste waar die son ondergaan.
ʼn Geloof wat glo alomteenwoordig geglo was is dat toe die wêreld die eerste keer geskep is die diere ononderskeibaar van die eerste mense was. Hierdie mense het nog nie kultuur en maniere verkry nie. Eers na 'n tweede skepping was die mense en die diere geskei en het mense geleer hoe om 'n sosiale-kode waar te neem. Sekere mites en stories waarskynlik van ouds is ook baie wyd vertel.
Oortuigings oor die dood is minder gelykvormig. In die laat 19de eeu het dieselfde / Xam man verduidelik dat 'n persoon se hart met sy dood in die lug op gaan waar dit 'n ster word. Onder onlangse Kalahari San was 'n verskietende ster gesien as iets wat verband hou met 'n persoon se dood.
Om reën te maak was 'n belangrike deel van die San van die suide se godsdienstige geloof en rituele. Die / Xam van die Noord-Kaap (wie se taal en kulturele eenheid nie meer bestaan nie) het reën towenaars asook wild towenaars, towenaars van siektes en towenaars van genesers beskryf. Daar is hedendaags ʼn denkwyse dat dit noodsaaklik is om die godsdienstige oortuigings van die baie diverse San-groepe te ken om die rotskuns van Suider-Afrika te verstaan.
Translated by Wilma Koeppen