Die skouspelagtige skilderye wat die voorouers van die San op die rotse en die mure van die grotte en skuilingings gelos het is waarskynlik die mees uitgesoekste en fyn gedetailleerdste in die wêreld se jagter-versamelaar kuns. Ewe bekwame gravures (petrogliewe) word hoofsaaklik in die binneland gevind, maar skilderye kom meer omvattend voor in veral klipperige of bergagtige gebiede soos die Drakensberge (KwaZulu-Natal), die Oos-Kaap, en die Suidwes-Kaap (insluitend die Cederberge).
Menslike figure en groot bokke is by verre die mees algemeenste uitgebeeld en landskappe word selde ingesluit. Vir onbekende redes sluit die gravures meer abstrakte ontwerpe as die skilderye in. Aanvanklik het baie mense gedink dat die kuns bloot tonele ïllustreer uit die alledaagse lewe, of opnames van jag, alhoewel die idee dat die kuns gekoppel is aan godsdiens en mitologie van die begin af teenwoordig was. Die artistieke tradisie het hierdie eeu uitgesterf en selfs vroeër in sommige dele van die land.
Die kleure wat die San in hul kuns gebruik het was hoofsaaklik rooi, oranje, bruin en donker pers, geel, swart en wit en kleure wat met die meng daarvan gemaak word. Blou of groen is nooit gebruik nie. Gesofistikeerde chemiese tegnieke is nodig wat die samestelling van die pigmente kan ondersoek en baie vrae moet nog beantwoord word.
Rooi pigmente is verkry uit hematiet (rooi oker) en geel van limoniet (geel oker). Mangaanoksied en soms houtskool is gebruik vir swart verf terwyl wit pigment, wat nie goed bewaar nie, van kaolien of voëlmis afkomstig kan wees. In die 1930's het 'n ou San man wat San skilders waargeneem het die proses gedemonstreer soos hy dit onthou het en verklaar dat hy eland bloed benodig om met die pigmente te meng - ongetwyfeld 'n simboliese en magiese bestanddeel.
Om die rotskuns te dateer is uiters moeilik. Daar kan nie gebruik gemaak word van koolstof datering nie, omdat die pigmente anorganiese is (dws dit bevat geen koolstof nie) en omdat die hoeveelhede organiese elemente wat gebruik is te klein is om te toets. As skilfers van geverfde klip in argeologiese neerslae gevind word, kan organiese materiaal van dieselfde laag gedateer word om dit 'n geskatte ouderdom te gee.
Een Namibiese webwerf het datums van meer as 26 000 jaar opgelewer vir rotswande met swart pigmente op hulle, maar alle ander datums val binne die laaste 10,000 jaar. Die meeste van die skilderye wat nog sigbaar is op die rotswande is waarskynlik selfs jonger, aangesien die verf en rots oppervlaktes vatbaar is vir agteruitgang en verval. Drakensberg skilderye van perde en soldate dui aan dat hierdie skilderye nie van voor die 19de eeu kan wees nie.
ʼn Opvallende kenmerk van die San kuns is die gestileerde menslike figure wat wye treë gee om duidelik aksie en spoed uit te beeld. Aksie word in baie verskillende maniere uitgebeeld: dramaties, deur diere wat galop of spring en subtiel, deur die piets van die stert of die draai van 'n nek.
Soms skep die skilderye 'n gevoel van spanning deur die oomblik net voor optrede te teken, soos 'n boogskutter net voor hy sy pyle loslaat, of 'n leeu net voor hy spring. Soos ander aspekte van die San se lewe en kultuur is daar 'n enorme variasie en verskeidenheid in styl, onderwerpe en so meer, saam met ooreenkomste wat daarop dui dat hulle geïnspireer is deur soortgelyke godsdienstige oortuigings.
Die fyn skilderye van twee kleure en meer as twee kleure van elande, 'n dier van groot simboliese betekenis aan die suidelike San, is een aanwyser na die godsdienstige affiliasie van sommige, miskien die meeste van die kuns. Skilderye van danse waar vroue hande klap terwyl mans dans skakel ook 'n paar van die kunswerke by die rituele genesing aan wat kenmerkend van die Kalahari San is.
Skilderye van soldate, waens en soortgelyke beelde kan deels magies in funksie gewees het, maar het ook historiese gebeure opgeteken - insluitend dié wat uiteindelik gelei het tot die beëindiging van die skildery tradisie, van die San-jagter-versamelaar se leefwyse in Suid-Afrika.
Translated by Wilma Koeppen