Die Pedi as Maatskaplike Organisasie

Pedi Huise

©Dr Peter Magubane

Soos die Sotho en Tswana het die Pedi in die tye voor hulle verower is in groot dorpe gebly wat verdeel was in kgoro groepe, gesentreer in familie groepe afkomstig van die vaderlike lyn. Elkeen bestaan ​​uit 'n groep van huishoudings wat rondom 'n sentrale area gebou is wat die vergader-plek, veestalle, begraafplaas en voorvaderlike heiligdom wat opgerig is kombineer.

Huise is ingedeel in volgorde van senioriteit. Elke vrou het haar eie ronde grasdak woning wat by die ander aansluit deur 'n reeks van opelug-kampe (lapas) wat omring is deur moddermure. In die middel was die ngwako wa Mollo (die hut van die vuur), 'n groot hok met die vuurherd binne wat gebruik word om op te kook op reëndae.

Dit kan onderskei word van die wonings deur die mathudi (stoep met 'n dak ) wat dit omring. 'n Sirkel raamwerk van pale, ongeveer 3 meter (10 voet) in deursnee, vorm die grensmuur wat ingesluit is binne 'n muur (leboto) gemaak van songedroogde modderstene. Die kappe van die koniese dak het op hierdie pale gerus. Die grasdak strek verder as net die muur van die huis, wat die mathudi skep. Twee kleiner kampe (ngwakana) is gewoonlik agter die hoofopstal geleë.

Die opstal eenheid is omring deur 'n 1,75 meter hoog (5 voet 9 duim) muur wat óf van modder (bekend as die moduthudu), of van riete (bekend as die lefago) gemaak is. Hierdie muur sluit 'n wigvormige buurt in sodat die afsonderlike huise wat langs mekaar lê en wat aan die verskillende vroue van een man behoort, bestaan ​​uit 'n sirkelvormige formasie.

Tussen die huise en die omliggende mure kry mens die binnehowe (lapa), waar die Pedi die meeste tyd spandeer wanneer hulle by die huis is. Elke huis het 'n openbare binnehof aan die voorkant van die belangrikste hut waar gaste vermaak is en 'n private binnehof agter die belangrikste hut wat net deur lede van die huishouding gebruik word.

Sosiale Strukture

©Dr Peter Magubane

Die woord kgoro, behalwe dat dit die basiese eenhede in die Pedi sosiale struktuur beskryf, is ook gebruik om die bou-blok van geregtelike en politieke strukture te beskryf. Die eenheid van die uiteenlopende huise binne die uitgebreide opstal is in stand gehou deur getrouheid aan 'n raad van mans, wat gewoonlik ontmoet het in 'n spesiale oop eensydige grasdak struktuur onder 'n groot boom. Kgoro beteken beide raad en vergadering-plek.

Vandag het baie mense wat in 'n meer moderne styl  wil leef die ronde styl van die gebou laat vaar ten gunste van vierkantige plat-dak blik huise. Gedwonge verskuiwings en landbou beplannings skemas wat deur die regering bekend gestel is het daartoe gelei dat baie nuwe nedersettings, in die buitewyke van baie ouer nederstettings, bestaan ​​uit huise wat uitgelê is in 'n spesifieke manier en bewoon word deur individuele gesinne wat nie familie van hulle bure is nie.

Translated by Wilma Koeppen