Die Beste Ligging vir Varswater Visboerderye

© Roger de la Harpe
Goeie ligging is baie belangrik vir suksesvolle varswater akwakultuur (visboerdery). Nuwe akwakultuurboere begin dikwels met ‘n stuk grond en soek dan befondsing. Ander mag befondsing vir akwakultuur beskikbaar hê en moet dan soek na ‘n geskikte plek. Hoe dit ookal begin, nuwe akwakultuurboere moet ‘n goeie ligging kies met toegang tot water om met varswater visboerdery te begin. As ‘n geskikte plek gevind is, sal dit produksie baie makliker en koste-effektief maak. Afgesien van ‘n goeie ligging, is die belangrikste kwessie waterkwaliteit. Belangrike waterkwaliteitfaktore wat ligging betref, is:
Watertemperatuuur, minimum en mmaksimum temperature gedurende die jaar.
Suurstofvlakke
Ammoniakvlakke
pH
Sigbaarheid in die waterkolom

‘n Volle analise van waterkwaliteit sal insluit toetsing vir die teenwoordigheid van swaarmetale wat normaalweg toksies is vir vis, sê Henk Stander, hoof tegniese bestuurder van Aquaculture: Department of Animal Sciences, Stellenbosch Universiteit.

Vereistes vir Varswater Visboerdery Terreine

Die algemene veristes vir ‘n goeie produksieterrein is:
Die dam, of terrein met die vistenks, moet naby die broeiery wees. Dit sal vervoertyd verkort sodat die jong visse (vingerlinge genoem) in perfekte gesondheid by die nethok afgelewer kan word.

Goeie sekuriteit sal diefstal van vis beperk, asook vandalisme van nethokke, pompe en tenke.

Goeie toegang tot die water.
Dit maak die verskuiwing van jong visse na die hokke, tenks of damme makliker en verseker veilige verskuiwing van viskos en toerusting na die water. Dit sal ook ‘n veilige en vinnige oes verseker wat weer ’n produk van goeie kwaliteit sal verseker.

Die verwerkingsindustrie behoort naby genoeg aan die dam te wees dat die koueketting (lae temperature vanaf die plaas tot by die fabriek en daarvandaan na die winkel) nie gebreek word nie. Lae temperature verseker die lewering van vars vis.

Die ideale minimum diepte van die dam behoort 8 m te wees, maar dieper damme is beter. As nethokke 5 m diep in die water hang, is dit die beste om genoeg spasie tussen die bodem van die nette en die bodem van de dam te hê. Dit verminder op die langtermyn die opbou van afval onder die hokke, wat die kwaliteit van die water van die dam sal beïnvloed, verduidelik Henk Stander.
Dieslefde diepte is ook van toepassing op oop dam boerderysisteme.

Translated by Elna Van Rhyn