Cape Wolf Snake
Kaapse Wolfslang

© Tyrone Ping

Naam

Kaapse Wolfslang [Lycophidion capense]

Bevolkingstatistiek

Klas: Reptilia
Orde: Testudines
Familie: Colubridae
Subspesies: ‘n Aantal subspesies bestaan binne die verspreidingsgebied.
Lengte (V): 558 mm
Lengte (M): 440 mm

Beskrywing

Die Kaapse wolfslang is ‘n klein slang wat groter word in die suidelike deel van sy verspreidingsgebied. Dit het ‘n afgeplatte kop. Kleur is gewoonlik eenvormig donkerbruin tot swart en soms is die puntjie van elke skub wit; die pens is wit of swart gestippel.

Verspreiding

Die Kaapse wolfslang kom voor op die meeste dele van die subkontinent behalwe die Namibwoestyn en die meeste dele van Kaapland. Daar is geïsoleerde gevalle aangemeld in Suid-Kaapland en die suidelike deel van die Namibwoestyn. Elders deur Oos-Afrika tot in Egipte.

Voortplanting

Die wyfie lê 3 – 9 eiers in die vroeë somer wat binne 51 dae uitbroei. Kleintjies is ongeveer 120 mm lank.

Dieet

Skinke en akkedisse word algemeen gevreet nadat hulle gebyt en versmoor is.

Veldaantekeninge

Die Kaapse wolfslang is nie giftig nie.