Byeboerdery Statistiek van Suid-Afrika

©Dr Tlou Masehela
Die profiel van byeboere in Suid-Afrika verskil nie veel van dié van die res van die wêreld nie. Minder as 5% van byeboere in Suid-Afrika besit die grond waarop hulle minder as 5% van hul bye aanhou. Byeboere is daarom afhanklik van ander grondeienaars, privaat, staats of natuurreservate vir die bedryf van hul byeboerderyaktiwiteite.
Statistiek oor byeboerdery in Suid-Afrika is beperk, maar in 2017 het Suid-Afrika maar ongeveer 1 500 ton heuning per jaar produseer teenoor ongeveer 3 000 ton 25 jaar gelede. Dis ‘n feit dat meer as 3 000 ton heuning jaarliks ingevoer word, meestal uit China. Suid-Afrikaanse uitvoer na ander lande is bykans niks.
In vergelyking met ander lande in die Suidelike Halfrond, blyk dit dat Suid-Afrika nie heeltemal ideaal is vir heuningproduksie nie. Na skatting word tot 200 000 swerms in Suid-Afrika bestuur in vergelyking met ongeveer 650 000 in Australië en 450 000 in Nieu-Seeland (NZ). Chile en Argentinië vertoon min of meer dieselfde statistieke as Australië en NZ. Al vier hierdie lande is netto uitvoerders van heuning, met Argentinië wat meer as 70 000 ton per jaar produseer.

Drie By-rampe in Suid-Afrika

Tans (2017) ondervind die byeboerderybedryf ‘n negatiewe groeikoers weens drie onlangse rampe. In die vroeë 1990’s het die Kaapse by (Apis mellifera capensis) die noordelike provinsies van Suid-Adfrika geïnfiltreer waar die Afrika by (Apis mellifera scuttelata) normaalweg voorkom. Dit het alreeds ‘n negatiewe impak op byeboerdery in die noorde.
Tweedens het die ektoparasiet, Varroa destructor, in 1997 in die Wes-Kaap ingetrek en verder versprei deur die land.
Die derde krisis het uitgebreek in 2009 toe die gevreesde American foulbrood, ‘n dodelike bakteriële siekte van heuningbybroeisels, ook in die Kaap geïdentifiseer is. Bakteriële spore kan maklik versprei word tussen korwe deur byeboerderypraktyke soos die uitruil van toerusting en verskuiwing van geïnfekteerde korwe. Dit sal na verwagting binne die volgende 5 jaar na die noorde van die land versprei (2022).

Translated by Elna Van Rhyn