Brown House Snake
Bruin Huisslang

© Tyrone Ping

Naam

Bruin huisslang [Boaedon capensis]

Bevolkingstatistiek

Klas: Reptilia
Orde: Squamata
Familie: Colubridae
Subspesies: Die Afrika huisslange word geklassifiseer in 7 afsondelike spesies oor die kontinent heen.
Lengte (V): 783 mm
Lengte (M): 656 mm

Beskrywing

‘n Groot huisslang met ‘n opvallende kop en klein liggaamskubbe. Die kleur is egalig rooibruin, hoewel groot, ou slange donkerder, amper swart is. Weerskante van die kop is twee ligte geel strepe.

Verspreiding

Die bruin huisslang kom dwarsdeur die hele Suider-Afrika voor, met ander Afrika huisslange wat as afsonderlike spesies geklassifiseer is, op die meeste dele van die vasteland.

Voortplanting

Tot 16 eiers word in die somer gelê en neem 60 – 90 dae om uit te broei. Kleintjies is 190 – 260 mm lank.