Brame in Suid-Afrika

In bessie produksie word daar na brame verwys as frambose, braambessies en kruisings verskillede soorte, soos die ‘tayberries’ en ‘loganberries’.

Die belangrikste verskil tussen frambose en braambessies is dat frambose van die stam (torus) skei tydens rypwording, terwyl die stam aanbly met die rypwording van die braambessies. Die stam laat 'n hol struktuur in die frambose, maar word met die braambessies geëet en verwerk. Die stam (torus) van ‘tayberries’ en ‘loganberries’ is soortgelyk aan braambessies en bly in die bessie wanneer dit gepluk word.

Kommersiële brame produksie is nog baie klein in Suid-Afrika, maar is besig om te vermeerder weens die toenemende aanvraag na gesonde kos. Die plante vorm oor die algemeen stekelrige struike wat volson nodig het en afhangende van die variëteit, word dit opgelei om te rank en sodoende die beste produksie resultate te lewer. Hulle doen die beste in goed gedreineerde, suur gronde van 5,6 - 6,2 pH balans.

Translated by Wilma Koeppen

Braambessies - Suid-Afrika

Die presiese oorsprong van braambessies is onbekend want daar is so baie verskillende spesies wat regoor die wêreld geproduseer word. Inhee...more

Frambose, Suid-Afrika

King Edward I was die eerste persoon om vir die verbouing van hierdie bessies te vra wat gelei het tot volop framboos bosse in die Britse tu...more