Boerpampoen en Hubbard-Pampoen Gewasbestuur
Wisselbou
Wissel pampoene met blaargroentes en peulgewasse af.
Opbrengs (ton per hektaar)
Konserwatief: 15 ton
Gemiddeld: 20 ton
Goed: 30+ ton
Oes
Pampoen word met die hand geoes. Dit moet versigtig hanteer word, want enige skade kan bederf aanhelp. Sny die stam ongeveer 10 cm bo die vrug af. Bêre die pampoene in ’n droë stoorkamer of skuur waar die temperatuur tussen 18°C en 20°C is. Dit sal ryp word en die skil sal verhard. Oestyd kan vir twee tot drie weke op dieselfde land plaasvind.
Berging
Sodra dit ryp is kan boerpampoene en Hubbard-pampoene veilig vir 3 maande by 10°C en ’n relatiewe humiditeit van 60 – 70 % gestoor word. Sommige variëteite kan langer as ander gestoor word en dit is raadsaam om ’n landbou-voorligtingsbeampte te raadpleeg. Dit is altyd duur en ’n risiko om produkte vir lang tydperke, in die hoop op ’n beter verkoopprys, te stoor. Die meeste produsente oes vir die huidige mark.
Plae
Algemene plae is die plantluis (aphid), bolwurm (bollworm), liewenheersbesie (ladybird), aalwurm (nematode) en pampoenvlieg (pumpkin fly).
Siektes
Algemene siektes is donsskimmel (downey mildew), blaarvlek (leaf spot), mosaïek-virus (mosaic virus) en poeieragtige skimmel (powdery mildew).
Translated by
Ananda Schoeman