Beet Gewasbestuur

© Marinda Louw

Wisselbou

Volhou gewasrotasie met nie-verwante gewasse om algemene siektes en peste te beheer.

Opbrengs (ton per hektaar)

Konserwatief: 15 ton
Gemiddeld: 25 ton
Goed: 35 ton

Oes

Beet word geoes sodra die gemiddelde grootte van die beet omtrent 7 cm in deursnee is. Dit kan vroeër geoes word as daar ’n aanvraag na kleiner bete is. Beet kan met die hand geoes word, maar die meeste groot kommersiële produsente oes dit meganies.

Berging

Beet moet teen 4°C – 5°C verkoel word en daar moet ’n relatiewe humiditeit van meer as 90% wees. Dit moet so gou as moontlik na die oes verkoel word, gewoonlik binne 6 ure. In warmer klimate moet die verkoeling vinniger plaasvind. Die beet kan vir tot ses maande by 1°C -2°C by ’n relatiewe humiditeit van 90+% gebêre word.

Plae

Algemene peste is die rooispinmyt, plantluise, snywurms en aalwurms.

Siektes

Algemene siektes is Cersposcora blaarvlek, bruinskurf, bruinroes, donsskimmel en wortelvrot.

Translated by Ananda Schoeman