Bateleur Eagle
Berghaan

© Nigel J Dennis
Bateleur Eagle.

Naam

Berghaan (Terathopius ecaudatus)

Inleiding

Die berghaan is die bekendste van die slangarende. Die Engelse benaming “bateleur” kom van die Frans vir koordloper. Hierdie naam is waarskynlik gekies as gevolg van die berghaan se kenmerkende akrobatiese vlug.

Voorkoms

Die berghaan se pikswart vere met wit onder die vlerke, helderrooi gesig en bene en swart bek is uitstaande kenmerke. Die wyfie berghaan is groter as die mannetjie. Die vere van ’n een jaar oue berghaan is heeltemal donkerbruin. Op omtrent drie jaar oud verander die vere se kleur na die volwasse berghaan se swart, wit en grys. Dit kan ’n onvolwasse berghaan tot 8 jaar vat om al die bruin vere te verloor en heeltemal volwasse te word. Die berghaan het besonderse lang vlerke en ’n kort stert daarom steek die pote agter die stertvere uit as dit vlieg. Die berghaan se bruin oë is omring deur veerlose gesigvel wat ’n opvallend helderrooi is. Asof daar ’n artistieke balans moet wees is die bene dieselfde helderrooi as die gesig. Die wyfie se vliegvere is wit.

Dieet

Die berghaan spandeer 8 - 9 ure elke dag in die lug op soek na kos. Die dieet sluit wildsbokke, muise, voëls, slange, akkedisse en enige aas, veral diere wat doodgery is in.

Voortplanting

Die wyfie sal ’n enkele eier in ’n nes wat in ’n groot boom is lê. Die wyfie broei die eier uit terwyl die mannetjie kos en nesmateriaal soek. Somtyds sal die mannetjie ook help broei. Na ’n inkubasieperiode van 52 – 59 dae word die baba voëltjie gebore. Die jong voëltjie sal na 110 dae lank die nes verlaat en nog vir 100 dae daarna kos kry by die ouers. Slegs 2% oorleef.

Sosiale gedrag

Die berghaan paar vir altyd en bly in dieselfde nes vir etlike jare. Volwasse alleenlopende voëls kan soms naby ’n nes gesien word. Hierdie voël word nie deur die broeipaar verwerp nie en help nie met die nesmaak nie. Die berghaan word gereeld in direkte vinnige vlug gesien wat sy voorkeur jag metode is. Die berghaan kan tot 482 km en 8 ure aaneen op ’n dag vlieg op soek na kos. As gevolg van die omvangryke gebied wat elke dag gevlieg word, word die getal berghane in die natuur maklik oorskat in sub-Sahara Afrika, maar die getalle daal egter baie. Gedurende die broeiseisoen is die vliegpatroon van die mannetjie skouspelagtig met skerp duike na die wyfie se kant toe. Sy sal op haar rug rol, haar kloue boontoe en dan weer oorrol sodra hy amper teenaan haar verby vlieg. Hulle kan mekaar volg met ’n rollende en duikende vliegpatroon en selfs ’n 360 grade rol, wat dikwels gepaard gaan met ’n baie harde klap van die vlerke wat oor ’n lang afstand gehoor kan word. Al hierdie kan vergesel word deur baie harde kraaiagtige roepe. Die berghaan volg ook die son en staan regop met die vlerke reguit na die kante toe en vertikaal gepunt, ’n klassieke feniks posisie.

Habitat

Die berghaan kom in die grootste deel van Afrika suid van die Sahara-woestyn waar daar nie digte bos is nie voor. Dit verkies oop grasveld en akasia savanne. Dit het in die grootste deel van suidelike Afrika uitgesterf.

Verspreiding

Die berghaan word regdeur Afrika suid van die Sahara aangetref. Dit verkies boomryke en bosveld savanne.