African Weasel
Afrika-Muishond

© Nigel J Dennis

Naam

Afrika-Muishond [Poecilogale albinucha]

Voorkoms

Die Kop- en lyflengte van die Afrika-Muishond is 300mm, die stert is 175mm. Hierdie interessante dier weeg ongeveer 250-350 gr. Hulle het lang, ligte liggame met kort bene en duidelike swart en wit strepe langs die rug. Die bokant van die kop en stert is wit.

Dieet

Die Afrika-Muishond teer amper uitsluitlik op klein knaagdiere en jong voëls op die grond, terwyl insekte soms geëet word. Prooi word agter die nek gebyt terwyl hulle dit beheer deur dit met die voorkop vas te druk en die dier na die kant te rol om hom uit balans te gooi. Terselfdertyd word die prooi agteruit getrek terwyl die agtervoete teen die onderlyf van die prooi vasgeanker word om die ruggraat te breek.

Teling

Die Afrika-Muishond het normaalweg een werpsel per seisoen, elk bestaande uit een tot drie onderontwikkelde jong. Paring vind plaas gedurende lente en somer. Wyfies gee geboorte na 'n dragtigheids periode van 32 dae. Die kleintjies ontwikkel oogtande na 35 dae en maak hul oë oop na 52 dae. Kleintjies is volgroeid teen 20 weke maar kan van af 13 weke prooi doodmaak.

Gedrag

Afrika-Muishonde woon in klein gesinsgroepe van twee tot vier gedurende die paringseisoen of wanneer dit werpsel gebaar word, maar het gewoonlik 'n allenige lewenstyl.

Habitat

Geskikte habitat sluit klam graslande of boslande in met 'n reënval van meer as 700 mm per jaar, asook gebiede waar klein knaagdierbevolkings oorvloedig is. Oor die algemeen baie skaars, en as gevolg van habitatdegradasie word geglo dat die aantal in sommige gebiede daal.

Waar hulle gevind word

Die Afrika-Muishond word versprei deur die oostelike dele van Suider-Afrika, en verder noord na Sentraal-Afrika en kom vanaf die suid-oostelike kusstreke noordwaarts via KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng,en die Noordelike Provinsie.