African Rock Python
Afrika-rotsluislang

© Shem Compion

Naam

Afrika-rotsluislang [Python sebae]

Klas

Reptilia

Orde

Squamata

Familie

Boidae

Subspesies

Twee subspesies word erken: Die Afrika-rotsluislang [Python sebae sebae] en die Suidelike Afrika- rotsluislang [Python sebae natalensis]

Lengte V

5,0 m

Lengte M

4,25 m

Beskrywing

Die Afrika-rotsluislang is Afrika se grootste slang. Daar is ‘n groot spiespuntvormige merk op die kroon van die kop; donker en ligkleurige bande straal van die oog uit na die lip. Die liggaam is grys-groen of grysbruin, met donkerbruin bande en bruin-omraamde vlekke bo-op.

Verspreiding

Die Afrika-rotsluislang kom voor in Afrika suid van die Sahara, deur Sentraal- en Wes-Afrika terwyl die Suidelike Afrika-rotsluislang gevind word vanaf Kenia tot in die Suid-Afrikaanse laeveld en aan die kus van die Kwa-Zulu-Natalse suidkus, al langs die Limpopo vallei tot by Lobatse en die Noord-Kaap.

Voortplanting

Die wyfie lê 30 – 50 ronde eiers. Sy krul haarself om die broeisel om hulle te beskerm, maar broei hulle nie uit nie. Kleintjies broei binne 60 – 80 dae uit.

Dieet

Die Afrika-rotsluislang vreet klein widsbokkies, ape, tarentale en huisdiere, asook vis, likkewane en krokodille.

Veld aantekeninge

Die Afrika-rotsluislang is nie giftig nie en dood sy prooi deur dit te byt en te versmoor.