Varkboerdery Verkope

©Dr Jim Robinson
The cost of raising and feeding should be considered when deciding on when to sell a pig.
Hoe langer jy die varke in ’n boerdery aanhou, hoe duurder word dit om hulle te voer en hoe groter is die risiko dat hulle siek of beseer word. Boere moet dus die beste tyd identifiseer om hulle varke te verkoop. Faktore waarna gekyk moet word, is die produksiestelsel, toestande, ras en groeitempo.

Wanneer om te Verkoop

©Glenneis Kriel
Weaners are traditionally sold when they are six weeks or ten to twelve weeks old.
Diere kan te eniger tyd verkoop word, maar speenvarkies word tradisioneel op ses weke oud, as hulle 9 tot 10 kg weeg, verkoop om kontantvloei aan te help. Andersins op 10 tot 12 weke oud en as hulle ongeveer 25 kg weeg. Porkers (jong varke wat gevoer is om geslag te word) en baconers (’n swaarder, ouer vark wat geskik is daarvoor om ham en spek van te maak) word verkoop wanneer hulle ouer is. Porkers gewoonlik met ’n lewendige gewig van 70 kg en baconers met ’n lewendige gewig van 75 kg tot 95 kg.

Prysonderhandelings

©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA.
Porkers leaving the farm.
Om ’n billike prys te bepaal, beveel die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-Organisasie (SAVPO) in hulle Pigs for Profit handleiding boere aan om die huidige prys per kg vir baconers as beginpunt te gebruik. Die prys vir jong speenvarkies wat 9 tot 10 kg weeg is gewoonlik sowat 24 keer die prys wat per kilogram vir baconers betaal sal word en ongeveer 30 keer vir speenvarkies wat omtrent 25 kg weeg. Die prys vir porkers is oor die algemeen hoër as vir baconers. Praat met ander boere om te hoor wat húlle kry en lees landbou tydskrifte om jouself te vergewis van wat in die mark aangaan.

Waar om te Verkoop

©Glenneis Kriel
Pigs may be sold directly to a butcher.
Dit sal ’n groot fout wees om net ’n varkboerdery te begin en dan te hoop vir die beste teen die tyd dat jy jou varke moet verkoop. Vir die beste resultate moet jy die regte mark identifiseer en verseker voordat jy groot bedrae geld in ’n boerdery belê. Wat makliker gesê as gedaan is aangesien die meeste kopers eers die produk wil sien.
Jy kan deur middel van ’n agent werk. Hierdie agente verteenwoordig gewoonlik produsente by groot abattoirs vir ’n fooi. Hulle sal al die reëlings by die abattoir tref. Dit sluit die betaling van gelde vir die abattoir, inspeksie en gradering in. ’n Agent beding ook ’n prys vir jou varke op die dag van aflewering.
Nog ’n alternatief is ’n privaat kontrak met ’n slagter, verspreider of kleinhandelaar. Dit is ’n goeie opsie aangesien die pryse gewoonlik vasgestel is vir ’n spesifieke tydperk. Dit help om produsente teen daaglikse prysskommelings te beskerm. Die uitdaging hier is om ’n konsekwente verskaffing van kwaliteit varke te hê. Produsente kan hierdie uitdaging oorkom deur saam met ander boere te werk en hulle produkte dus saam te bemark.
Varke kan ook by veilings verkoop word, direk aan klein abattoirs soos hulle beskikbaar is of vir huislike gebruik.
Boere moet verseker dat hulle die nodige permitte het om die varke te vervoer anders kan die varke gekonfiskeer word. Die Pigs for Profit handleiding waarsku teen verkope aan kopers wat van plaas tot plaas gaan om varke aan te koop. Daar is ’n baie hoë risiko dat hulle ’n siekte in jou boerdery kan inbring.

Translated by Ananda Schoeman