Variable Skink
Wisselskink

© Tyrone Ping

Naam

Wisselskink (Mabuya varia)

Bevolkingstatistiek

Klas: Reptilia (Reptiele)
Orde: Squamata (Skubreptiel)
Familie: Scincidae
Subspesies: ’n Swak gedefinieerde spesie, M.v. nyika van die Nyika-plato in Malawi word soms herken.
Lengte: Beide geslagte: 50 – 60 mm

Beskrywing

Die wisselskink is ’n mediumgrootte skink met ’n geronde snoet en ’n deurskynende ‘venster’ skub in elke onderste ooglid. Die kleur wissel en dit kan swart, olyf, ligbruin of rooibruin wees met of sonder swart kolle. Daar is altyd ’n duidelike, wit, laterale streep oor die ruggraat en op die boonste sye. Die maag is blouwit.

Verspreiding

Suidelike Oos-Kaap, deur Oos-Afrika tot by Sudan en Somalië en wes na Namibië, Angola en Kongo.

Voortplanting

Die wisselskink is oor die algemeen lewendbarend, maar daar is gebiede waar hulle eiers lê. 6-12 eiers wat uitbroei na ’n 60 dae inkubasie periode. Die groei is vinnig en volwassenheid word in slegs 8 maande bereik.

Dieet

Die wisselskink eet sprinkane, ruspes, termiete, spinnekoppe en in uitsonderlike gevalle ander akkedisse.

Veldnotas

Dikwels moeilik om te identifiseer as gevolg van die variasie in kleur, vandaar die naam, maar dit is tog een van die algemeenste spesies en het ’n wye verspreiding.