Spanspek Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Dit is altyd raadsaam om spanspek met peulgroente of blaargroentes af te wissel. Plant spanspek elke tweede jaar in dieselfde area. Indien spanspek elke jaar in dieselfde land geplant word, moet meer intensiewe pesbestryding en beroking van die grond toegepas word.

Opbrengs - Ton per Hektaar

Konserwatief: 15 ton
Gemiddeld: 30 ton
Goed: 40+ ton

Oes

Oestyd begin omtrent 12 weke na die aanplant van saailinge of direkte saai. Oes word met die hand gedoen en kan drie tot vier weke duur. Dit word op verskeie stadiums van “slip” gedoen en mees algemeen “full slip” of “half slip”. Dit dui op hoe moeilik dit is om die spanspek van die stam te verwyder. Spanspek wat dadelik verkoop en geëet word, word op “full slip” wanneer dit heeltemal ryp is geoes. Dit moet dadelik bemark word. Die vrugte wat op “half slip” geoes word kan gestoor word vir latere verkope.

Berging

Spanspek is baie bederfbaar en dus moeilik om te stoor. Dit word gewoonlik by 2 - 4°C en ’n relatiewe humiditeit van omtrent 90% gebêre. Spanspek word selde vir langer as 14 dae gestoor. Sommige nuwe variëteite wat op “half slip” geoes is kan vir tot vier weke by 0 - 2°C gestoor word. Die smaaklikste spanspek is egter die wat eers heeltemal ryp is voordat dit geoes word.

Plae

Algemene plae is aalwurms (nematodes), Amerikaanse bolwurms (American bollworms), plantluise (aphids) en blaarkewers (leaf beetles).

Siektes

Algemene siektes is donsskimmel (downey mildew), antraknose (anthracnose), poeieragtige skimmel (powdery mildew), fusarium verwelk en vrot (fusarium wilt and rot), mosaïek-virus (mosaic virus), bakteriese verwelk (bacterial wilt) en blaarvlek (leaf spot).

Translated by Ananda Schoeman