Simptome van Siektetoestande in Bokke

©Alan R Walker
Baie dieresterftes kan voorkom word as die simptome van siektes vroeg raakgesien word. Dis baie belangrik dat jy jou trop daagliks bekyk. Let op na diere wat depressief lyk, lê, hulleself krap, nie eet of drink nie of vreemd optree, soos om hul koppe stamp of met hul bene skop. Deur dit te doen sal jy siektetoestande herken aan die simptome wat openbaar word. Sommige siektes is moeilik om te identifiseer want baie van hulle het dieselfde simptome.
Siektes kan veroorsaak word deur bakterieë, virusse, parasiete en ander nie-aansteeklike agente. Die simptome van die siektes wat hieronder gelys word mag jou help om ‘n siekte in die vroegste stadium op te merk. Indien jy ‘n ernstige toestand vermoed, is dit die beste om met jou veearts in verbinding te tree.

Algemene Simptome van Moontlike Siektetoestande

Abnormale liggaamshouding: Caprine Arthritis Encephalitis (CAE)
Abnormale Asemhaling: Asidose, nitraat/nitriet vergiftiging, Tering (M. tuberculosis), Longonsteking deur ongediertes/parasiete oorgedra (Dictyocaulus filaria), Antraks/miltsiekte, Aansteeklike Bok Pleuropneumonie, Melioidose, Allergieë/Insekbyte, Opgeblasenheid, Hartwater
Abnormale Melk: Mastitis, Bok Artritis Enkefalitis (CAE), Enterotoksemie
Anemie/Bloedarmoede: Koksidiose, Barbierspaalwurm, Bloedparasiete – (Anaplasmose), Luise, Vlooie of Bosluise, Kaasagtige lymphadenitis, Tuberkulose (M. tuberculosis), Koper tekort, Babesiose (Rooiwater), Lewerslak of Platwurms (Interne Parasiete), Maag and Ingewands- rondewurms, Trypanosomiase
Anoreksia: Kaasagtige lymphadenitis, Listeriose, Mastitis, Dragtigheidsvergiftiging (ketose), Urolitiase (Waterpens /sistitis), Longonsteking, Aansteeklike Bok Pleuropneumonie

Slegte reuk: Vrotpootjie, Koksidiose
Blindheid: Enterotoksemie, Koksidiose (Interne Parasiet), Polioenkefalomalasie
Opgeblasenheid: Asidose, Ureumvergiftiging
Bloed in Melk: Mastitis
Bloed in Urine: Urolitiase (Waterpens /sistitis), Babesiose (rooiwater)
Bloedverlies: Luise, Maag en Ingewands-rondewurms
Bloederige Diarree: Antraks/miltsiekte, Enterotoksemie, Koksidiose (interne parasiet), Nairobi Skaapsiekte
Bottelkakebeen: Lewerslak, (Barbierspaalwurm), Parasitiese gastroenteritis, Maag- en ingewandstondewurms
Hardlywigheid: Lintwurm, melkkoors. Sirkelvormige Letsels (gesig, skouer, nek, oë): (fungus)
Hoes of nies: Tuberkulose (M. tuberculosis), Longontsteking deur ongediertes/parasiete oorgdra (Dictyocaulus filaria), Longontsteking, Aansteeklike Bok Pleuropneumonie, Melioidose
Aanhoudende geblêr: Opgeblasenheid
Skilfers op die vel: Brandsiek (Sarkopties, Demodaties en Psoropties)
Dehidrasie: Koksidiose, Asidose, Barbierspaalwurm, Peste Des Petits Ruminants
Depressie: Listeriose, Mastitis, Dragtigheidsvergiftiging (ketose), Urolitiase (Waterpens /sistitis), Enkefalomalasie (PEM) / Polioenkefalomalasie (PEM), Hondsdolheid, Longontsteking, Antraks/miltsiekte, Colibacillose/buikloop (Scours), Johne se siekte, Melioidose, Melkkoors, Enterotoksemie, Babesiose (rooiwater), Hartwater
Diarree/buikloop: Enterotoksemie, Koksidiose, Chlamydiale Aborsie, Johne se siekte (M. Paratuberculosis), Lewerslak, (Barbierspaalwurm)-Parasitiese gastroënteritis, lintworm, Brucellose, Asidose, Maag en ingewandsrondewurms, Peste Des Petits Ruminants
Afskeiding uit die oog (Ocular discharge): Pienkoog, Longontsteking deur ongediertes/parasiete oorgedra (Dictyocaulus filaria), aansteeklike Agalaktia
Dronkheid: Insekdoders (Aldrin, Endrin Chlordane en Dieldrin)
Hangende Ore: Listeriose
Droë Kolle op die vel: Fungiese Siekte (Ringwurm), Brandsiekte
Buitengewoon erge kwyl: Listeriose, Allergieë/Insekbyte, Hondsdolheid
Koors: Kaasagtige lymphadenitis, Mastitis, Koksidiose, Bok Pokkies, Hemorragiese Septisemie (P. multocida) Tuberkulose (M. tuberculosis), Longontsteking, Miltsiekte, aansteeklike Agalactia, aansteeklike Bok Pleuropneumonia, Listeriose, Melioidose, Babesiose (Rooiwater, Hartwater, Bek-en Klouseer (FMD), Nairobi Skaapsiekte)
Skuim om die bek: Hondsdolheid, Opgeblasenheid, aansteeklike bok Pleuropneumonie
Kners van Tande: Koksidiose
Haarverlies: Brandsiekte (Sarkopties, Demodaties en Psoropties), Ringwurm (Fungus)
Kopdrukkery: Enterotoksemie
Inflammasie tussen die tone: Vrotpootjie, Aansteeklike Ecthyma
Inflammasie van haarfollikels: Ringwurm (Fungus)
Jeuk: Luise, Brandsiekte
Mankheid: Vrotpootjie, Bek-en klouseer virus, Brusellose
Lusteloosheid: Barbierspaalwurm, Mastitis, Asidose, Urolitiase (Waterpens)
Lê/Kan nie opstaan nie: Hipomagnesemie, Dragtigheidsvergiftiging, Enterotoksemie
Verlies aan eetlus: Koksidiose, Miltsiekte, Mastitis, Hondsdolheid, Aansteeklike Agalaktia, Johne se Siekte, Listeriose, Melioidose, Opgeblasenheid, Enkefalomalasie/Polioenkefalomalasie (PEM), Urolitiase (Waterpens), Hartwater, Peste Des Petits Ruminants, Bokpokkies
Lae Melkproduksie: Barbierspaalwurm, Vropootjie, Aansteeklike Echtyma, Koksidiose, KaasagtigeLimfadenitis (CL), Koper tekort, Johne se Siekte, Streptotrikose, Opgeblasenheid (Bloed Parasiet)-Anaplasmose, Babesiose (Rooiwater), Luise, Maag-en ingewands- rondewurms, Hondsdolheid, Slenkdalkoors
Lae Reproduksie: (Bloed Parasiet)-Anaplasmose, Babesiose (Rooiwater)
Knoppe: Brandsiekte
Neusafskeiding: Longontsteking deur ongediertes/parasiete oorgedra (Dictyocaulus filaria), Longontsteking, aansteeklike Bok Pleuropneumonie, Melioidose, Nairobi Skaapsiekte, Peste Des Petits Ruminants, Bok pokkies
Nervous/Trembling: Hipomagnesemie

Pynlike Urinering: Urolitiase (Waterpens)
Bleek Slymvliese: Barbierspaalwurm
Verlamming/gedeeltelike verlamming: Listeriose
Swak Groei: Koksidiose, Barbierspaalwurm, Vuilbek, Babesiose (Rooiwater), Lewerslak of platworms (interne parasiete), Luise, Maag-en ingewandsrondewurms
Rooi oë: Konjunktivitis
Growwe of Dowwe Hare: Koksidiose, Babierspaalwurm, Lewerslak, Koper tekort, Johne se Siekte, Scrapie, Bok pokkies
Kwyl/stuiptrekkings: Hondsdolheid, Enkefalomalasie/ Polioenkefalomalasie (PEM), Listeriose
Rofies/skubbe of blase om die mond: Aansteeklike Ecthyma (Vuilbek), Bek-en-klouseer (FMD), Peste Des Petits Ruminants, Bok pokkies
Rofies/skubbe (Liggaam): Brandsiekte, Bok pokke
Erge jeuk: Brandsiekte
Klein blasies (tone): Bek-en-klouseer/Foot and Mouth Disease (FMD)

Pynlike Anus: Mitsiekte
Pynlike Vulva: Miltsiekte
Sere (Oë): Aansteeklike Ecthyma (Vuilbek)
Sere (Skrotum): Aansteekike Ecthyma (Vuilbek)
Sere (Vulva): Aansteeklike Ecthyma (Vuilbek)
Sere (Wange): Slenkdalkoors
Sere (Tong): Slenkdalkoors
Sere (Ore): Aansteeklike Ecthyma (Vuilbek)
Sukkel om te Urineer: Urolitiase (Buikwatersug)
Swallow Belly/Hay belly: Lewerslak
Geswelde litte: Brusellose, Aansteeklike Agalactia, Bok Artritis Enkefalitis Sindroom
Geswelde Testikels: Brusellose
Bewing/rillings: Ureem vergiftiging, Kopergebrek, Enterotoksemie, Scrapie
Uier Swelling: Mastitis, aansteeklike Agalactia
Swerende letsels (Binnekant van onderlip/tandvleis): Peste Des Petits Ruminants
Usual Discharge from Vagina: Afskeiding uit Vagina; Mastitis
Braking: Melkkoors
Gewigsverlies/Stel nie in kos belang nie: Vrotpootjie, Kaasagtige limfadenitis, Maag-en-ingewandsrondewurms, Johne se Siekt (M. Paratuberkulose), Tuberkulose (M. tuberkulose), Koper tekort, Streptotrikose, Barbierspaalwurm, Koksidiose (Interne parasiet), Trypanosomiase, Bok Artritis Enkefalitis Syndroom
Wurms: Barbierspaalwurm, Lewerslakke of Platwurms (interne parasiete), Maag-en ingewandsrondewums

Translated by Elna Van Rhyn