Peste en Plae van Bye

© Chris Daly

Dit is belangrik vir byeboere om op hoogte te wees van peste en plae van heuningbye om gesonder swerms en beter kwaliteit byeprodukte te verseker.
Om byesiektes te beheer, moet alle korwe geregistreer wees en enige siekte of plaag moet aangemeld word by die plaaslike byeboervereniging.
Hierdie opsomming van die belangrikste peste en siektes van bye in Suid-Afrika is gegrond op navorsingsmateriaal oor plantbeskerming deur die Landbounavorsingsraad (ARC).

American Foulbrood

©Jrmgkia
Die hoogs aansteeklike American Foulbrood (AFB) word veroorsaak deur die bakterium Paenibacillus larvae en is uiters moeilik om uit te roei en kan geweldige verliese vir byeboere beteken. Tekens van die siekte: Dooie larwes ruik sleg. Geïnfekteerde kolonies het verstrooide en ongelyke broeipatrone met donker, gesonke dekplate wat vetterig lyk.

Amoeba Disease

Hierdie siekte affekteer die spysverteringstelsel van volwasse heuningbye en word veroorsaak deur die protozoïese Malphighamoeba mellificae. Hoewel dit nog nooit in Suid-Afrika gevind is nie (2018), is dit al in Zimbabwe gevind.

Chalkbrood

©Jeff Pettis, Bugwood
Die fungus Ascosphaera apis, wat chalkbrood veroorsaak, val net bylarwes aan. Jong geïnfekteerde larwes toon gewoonlik geen teken van die siekte nie, maar vrek sodra hulle in hulle selle verseël word as papies. Werkerbye maak die selle oop en vind die dooie larwes wat hulle dan dikwels na die opening van die korf verskuif sodat die dooie larwes (mummies) duidelik sigbaar is.
Tekens van siekte: Byeboere sal dikwels die siekte herken aan die dooie larwes (mummies) by die ingang van geïnfekteerde korwe.

European Foulbrood

©National beekeeping unit
European Foulbrood (EFB) is ‘n bakteriële siekte wat heuningbylarwes infekteer voor die ‘capped’ stadium. Hoewel nie ernstig nie, is EFB die algemeenste byesiekte in Suid-Afrika en word veroorsaak deur die bakterium Melissococcus pluton. Daar word vermoed dat die bakterium aanwesig (maar latent) is in die meeste kolonies, maar die sneller is gewoonlik stres in ‘n kolonie.
Tekens van die siekte: dooie larwes of larwes wat besig is om dood te gaan terwyl hulle na bo gekrul is, geel of bruin, sit vas aan die kante van selle, of uitgedroog en rubberagtig.
Hoewel dit voorkom in alle Suid-Afrikaanse provinsies, lyk dit asof infeksies erger is in hoë humiditeitgebiede soos Limopo en die kusgebiede van KwaZulu-Natal.

Nosema

Nosema is ‘n siekte wat veroorsaak word deur Nosema apis wat die ingewande en absorpsie van voedingstowwe in volwasse bye affekteer. Dit veroorsaak dat minder ‘brood food’ geproduseer word en kan tot 15% minder ontwikkeling van larwes tot gevolg hê.
Tekens van siekte: Die siekte kan mikroskopies gediagnoseer word, maar simptome by swaar geaffekteerde kolonies mag omp, futlose bye met geswelde agterlywe insluit. Bruin ontlasting kan ook in die heuningkoeke en die korf gesien word.
Nosema kom voor in alle Suid-Afrikaanse provinsies, maar is nog nie verbind met kolonie sterftes nie.

Varroa Destructor

©Gilles San Martin
Die klein rooi-bruin ektoparasitiese Varoa Destructor myt is die gevaarlikste parasiet van heuningbye en veroorsaak wanforming en verswakking van heuningbye. Dit het versprei van sy natuurlike gasheer, die Oostelike heuningby (Apis cerana), na die Westelike heuningby (Apis mellifera).
Varroa myte is eksterne parasiete wat beide volwasse heuningbye en hul larwes aanval, maar die myte se verhouding met virusse (wat sekondêre infeksies veroorsaak) maak die meganisme van die siekte en die behandeling daarvan ingewikkeld.
Kolonies wat geïnfekteer is deur groot getalle varroa het ook probleme met ander byesiektes en plae soos klein korf kewertjies, chalkbrood en Braula coeca (‘n vlerklose vlieg).
Tekens van siekte: Swak brood patrone en verstrooide brood, ingeduikte en gekoude cappings en larwes wat inmekaar gesak het onder of aan die kant van die sel. By volwasse bye – verlamde en kruipende heuningbye, swak vlug. Bayvarol en Apivar kan gebruik word om Varroa destructor te beveg in Suid-Afrika.

Trageale Myte

Acarine disease in bye word veroorsaak deur die klein trageale myt, Acarapis woodi. Hierdie myte dring die by se lugpyp (tragea) binne en leef op die haemolymph (bye-‘bloed’).
Tekens van die siekte: Daar is nie enige betroubare tekens of simptome van mytinfestasies nie, omdat simptome ooreenstem met Nosemainfestasie en ook sommige virusse.
Trageale myte word geassosieer met ontwrigte “K” vlerke, en bye wat naby die korf op die grond rondkruip omdat hulle nie kan vlieg nie.
Die myte is klein en moet mikroskopies geïdentifiseerd word. Hulle kom in lae getalle voor in al Suid-Afrika se provinsies.

Wax Moth

Die grawende larwes van die wax moth (Galleria mellonella) laat ‘n saamgekoekte massa van sydrade agter en verwoes die hele korf. Sterk bykolonies kan dalk die motbevolking beheer. Korwe in koue streke of hoër bo seespieël is minder geneig tot wax moth infestasies.

Bye Virusse

©Xolani90
Virusinfeksies van bye word dikwels verbind met Varroa myte en kolonies mag simptome toon sodra hulle onder stres is. Sacbrood virus (SBV) is ‘n baie bekende virale bysiekte met herkenbare simptome.
Tekens van siekte: Die buitenste laag wat die larwe omring vul met ‘n helder vloeistof terwyl die onderontwikkelde kop verdonker. Sacbrood kan ook herken word aan ‘n onegalige brood pattern met gesonke, verkleurde en geperforeerde cappings met jagged rande.
Tekens van ernstige infeksie deur chroniese byverlammingsvirus (CBPV) en akute byverlammingsvirus (ABPV) is bye wat rondkruip voor en op die boom van die korf. Vrektes volg binne dae. Geaffekteerde bye sit bo-op rame, ongekoördineerd, bewend, en nie in staat om te vlieg nie – soortgelyk aan Nosema infeksie.

Translated by Elna Van Rhyn