Oorsake van Lamheid by Varke

©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA
Non-slip flooring: Non-slip flooring will help to prevent injuries.
Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-Organisasie (SAVPO) se Pigs for Profit handleiding identifiseer die onderstaande as die mees algemene oorsake van lamheid by varke.

Gebreekte Bene

©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA
Sows on sawdust: Bedding may obtain infection causing bacteria.
Varke kan op enige ouderdom hulle bene weens beserings of ander probleme breek. ’n Vark wat ’n been gebreek het sal nie gewig op die gebreekte ledemaat plaas nie. Die ledemaat kan in die lug gehou word, die vark kan bly lê, die ledemaat kan misvorm of geswel wees of ’n kraakgeluid maak as dit beweeg word.
Gebreekte bene en beserings kan vermy word deur goeie hantering. Die vloere moet glad, eweredig en droog wees en oorbevolking moet vermy word. SAVPO stel voor dat varke met gebreekte bene so gou as moontlik geslag word om ’n verdere afname in gesondheid teen te staan en die dier se lyding te verlig.

Spinale Beserings en Absesse

Spinale beserings of absesse kan veroorsaak word ’n deur ’n harde hou oor die ruggraat, die vark wat gly en draai of ’n beer wat tydens voortplanting te swaar vir ’n sog is. Infeksies soos ’n stert wat raak gebyt is kan tot absesse in die ruggraat lei. Die tekens is ’n vark wat soos ’n hond sit, sy agterlyf sleep of bly lê.
Net soos met gebreekte bene en beserings kan spinale beserings vermy word deur goeie hantering. Die vloere moet glad, eweredig en droog wees en oorbevolking moet vermy word. Daar moet ook gesorg word dat ’n baie groter beer as die sog nie tydens teling gebruik word nie. Stertbytery moet voorkom word. Dit word gewoonlik toegeskryf aan oorbevolking, te klein voeding areas en siektetoestande. Varke wat beseer is kan met rus herstel, maar ernstige ruggraat beserings en absesse mag dalk nie op behandeling reageer nie.

Skelet Probleme

©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA
Piglets should receive balanced rations to prevent nutritional deficiencies that may lead to bone problems.
Bene wat sag en bros word, is as gevolg van ’n swak gehalte voeding wat nie genoeg kalsium en fosfor aan die varke verskaf nie. Tekens van ’n voedingstekort kan reeds vroeg in die produksiesiklus as abnormale beengroei by jong varkies gesien word. Herhalende tekorte kan tot swak bene lei wat die voortydige slag van die varke tot gevolg het. Geaffekteerde varke kan mank loop, gebreekte bene hê of weier om op te staan.
Om hierdie probleem te vermy moet boere regdeur die produksiesiklus vir hulle varke ’n gebalanseerde dieet gee. Boere moet ook bewus wees van die impak van die “hardheid” van die water of moontlike hoë konsentrasies yster of swaar metale daarin, aangesien dit mineraal absorpsie kan beïnvloed en tot die ontwikkeling van poot-probleme lei. ’n Bykomende bron van kalsium of fosfor kan aan varke gegee word wat ’n tekort het. Indien die varke egter nie kan loop nie of duidelik in pyn verkeer is dit die beste om hulle te slag.

Artritis

©Glenneis Kriel
Artritis kan deur aansteeklike toestande, oorgewig varke en varke wat te vinnig groei veroorsaak word. Geaffekteerde varke kan mank loop, weier om op te staan of een of meer geswelde ledemate hê wat warm voel.
Wenke om artritis te voorkom sluit in: goeie higiëne, om die naeltjie van jong varkies na die geboorte te ontsmet, die beheer van voeding en om goeie teeldiere te hê. Die Pigs for Profit handleiding adviseer boere om ’n veearts te raadpleeg oor behandeling aangesien artritis goed op antibiotika kan reageer. Skade aan die gewrigte kan egter so erg raak dat dit die beste is om die varke te slag.

Vergiftiging

©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA
Care should be taken to ensure the water does not contain any harmful substances or toxins.
Oormatige sout, sekere plante, minerale, plaagdoders en onkruiddoders kan verlamming en soms diarree en braking veroorsaak. Boere moet dit verhoed deur varke weg te hou van hierdie giftige stowwe, soutinname te beperk en nie kombuisafval (swill) te voer nie.

Vloere

Die MSD Veterinary Manual met Overview of Lameness identifiseer vloer tipe as ’n oorsaak van lamheid met verskillende tipes vloere waarmee lamheid geassosieer word. Grond en weivelde kan byvoorbeeld te droog of te nat wees wat tot poot-probleme en infeksies kan lei. Beddegoed kan weer ’n bron van bakterieë wees wat artritis soos Erysipelothrix rhusiopathiae veroorsaak. Die toestand van die vloer kan ook lamheid beïnvloed as dit te glad is, nat is, vol gate, gapings of skerp voorwerpe het wat beserings kan veroorsaak.

Translated by Ananda Schoeman