Lamheid by Varke

©Glenneis Kriel
To identify foot and back problems, farmers evaluate pigs while they are walking and moving.
Lamheid is ’n ernstige probleem in ’n varkboerdery. Die pyn wat met lamheid verband hou kan dit vir die varke moeilik maak om na die voeding en watertrôe te loop.
Dit kan weer ’n negatiewe uitwerking op hulle groei en welsyn hê en stres veroorsaak wat hulle meer vatbaar vir siektes maak.
Lamheid het ook ’n negatiewe impak op voortplanting en is die tweede grootste rede, na voortplanting probleme, waarom sôe vroegtydig geslag word.

Identifiseer Probleme

©Glenneis Kriel
Evaluate pigs that struggle to get up or remain lying down for problems.
Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-Organisasie se Pigs for Profit handleiding identifiseer die volgende tekens dat iets verkeerd is: mankheid, gewrigte wat geswel is of warm voel, ’n vark wat moeilik beweeg, een poot in die lug hou, weier of nie in staat is om op te staan nie of die agterlyf sleep. Om voet-, been- en rugprobleme te identifiseer moet boere al die varke motiveer om op te staan en dan na die manier waarop hulle loop en beweeg kyk. Spesiale aandag moet gegee word aan diegene wat eerste gaan lê.
Varke se pote moet ook gereeld geëvalueer word om abnormaliteite te identifiseer. Varke het klein pootjies en groot lywe wat veroorsaak dat hulle vinniger pyn het of beseer word, veral as hulle dragtig is en dus gewigtiger is. Navorsing het bevind dat die meerderheid van sôe deur poot beserings geraak word, dus is vroeë behandeling noodsaaklik om ernstige probleme te voorkom. Die Pig Site se Lameness in Pigs artikel stel voor dat boere hulle varke ’n telling van nul tot drie, gebaseer op die gemak van ’n vark om op ’n skoon, droë, gelyk, soliede oppervlak te loop, gee.
’n Telling van nul sal verwys na geen lamheid, terwyl ’n telling van een gereserveer word vir diere wat effens kruppel is, met ander woorde ’n vark wat vrylik rondbeweeg, maar styf lyk. ’n Telling van twee sal gebruik word vir ’n sog wat matig lam is. Sy sal kort treetjies gee of effens mank loop, maar steeds gewig op die aangetaste ledemaat sit. ’n Telling van drie moet gebruik word vir ’n sog wat baie lam is en nie gewig op die geaffekteerde ledemate sit nie en aanmoediging nodig het om te beweeg.

Oorsake

©Glenneis Kriel
Evaluate the feet of pigs to identify lesions and sores before they cause serious problems.
Alhoewel lamheid deur aangebore of ontwikkeling abnormaliteite veroorsaak word, word dit hoofsaaklik deur pyn wat verband hou met infeksies, traumaverwante beserings of onderliggende siektes veroorsaak.
Volgens die Pig Site beveel veeartse aan dat boere ’n bak gevul met droë kalk voor ’n elektroniese voerstelsel plaas sodat sôe daarin kan staan en eet. Die kalk verdroog en ontsmet die pote elke keer as die vark gaan eet en verhoed lamheid as gevolg van kloubeserings.

Translated by Ananda Schoeman