Newcastle Disease

©Roger De la Harpe
Newcastle Disease is een van die mees gevrese pluimvee siektes in die wêreld, omdat daar geen genesing is nie. Vermoede uitbrake moet dadelik gerapporteer word aan ’n diere gesondheidstegnikus, wat sal help om die siekte in toom te hou.
Uitbrake kan wissel van lig tot erg en die vlak hang af van die tipe, die sterkte van die tipe, die voël se immuniteit teen die tipe en die ouderdom van die aangesteekte voël. Hoenders en kalkoene is meer kwesbaar vir die siekte as ganse en eende, terwyl sommige inheemse pluimvee rasse minder vatbaar is as hulle in goeie kondisie is.
Die virus is vreeslik aansteeklik. Dit kan versprei via die uitlating van geïnfekteerde voëls, met gesonde voëls wat aangesteek kan word wanneer hulle die water wat deur die mis van siek voëls geïnfekteer is, drink. Dit kan ook in die lug versprei via lugweë. Dit kan deur die beweging van voëls, mense en hul klere, toerusting en pluimvee produkte versprei.

Waarvoor om te Kyk?

’n Probleem met Newcastle Disease is dat daar geen spesifieke simptome is nie en dit veroorsaak dat die siekte met ander siektes deurmekaar raak. Die voëls in die algemeen mag swak, lui, lusteloos en depressief wees, maar daar is geen teken van infeksie behalwe vir skielike dood nie.
Voëls se vere mag miskien bietjie deurmekaar wees en hulle eet miskien minder as gewoonlik. Met lê hoenders sal daar miskien ’n afname in eierproduksie en die kwaliteit van die eiers wees. Die doppe sal miskien sag word, misvorm wees of/en die wit wat waterig word.
Ander simptome sal van die deel van die lyf wat geïnfekteer is, afhang. Waterige, groen of wit diarree kan ’n indikasie wees dat die maag geaffekteer is. Tekens dat die lugweë geaffekteer is, sluit in moeilike en vinnige asemhaling, hoes, snakking en nies. Die sinusse of kop kan ook opgeswel wees.
Senuwee tekens kan spierbewing, spasmas, moeilik om te stap en/of gedeeltelik tot ten volle paralisie wees. Die kop van die voël sal miskien gedraai wees, of tussen die bene wees en die voël sal in sirkels loop.
Wanneer ’n nadoodse ondersoek gedoen word, kan die siekte aangedui word deur die voorkoms van die volgende:

Behandeling

Omdat daar geen behandeling vir voëls is wat aan Newcastle Disease lei nie, moet die voëls doodgemaak word. Wanneer die dieregesondheidstegnikus of veearts ingelig is, sal hulle help om dit te beheer en te voorkom dat die siekte versprei. Dit kan gedoen word met kontrole metodes wat die gebruik van kwarantyn, noodinenting, ontsmetting en brand van hoenderafval en dooie hoenders insluit.
Die beste manier om die siekte te voorkom is deur die voëls in te ent en deur goeie biosekuriteit stappe te neem. Onthou egter dat slegs gesonde voëls ingeënt moet word.

Translated by Nina Joubert