Nelson Mandela en Ruth First

©Dr Peter Magubane
Nelson Mandela gesels met mede-aktivis Ruth First, die vrou van die voormalige Sekretaris-Generaal van die Kommunistiese Party van Suid-Afrika, Joe Slovo.
Ruth First was 'n prominente anti-Apartheidsaktivis en skrywer en een van die stigterslede van die Suid-Afrikaanse Kongres van Demokrate. As redakteur van die Guardian, Fighting Talk en die New Age, het sy geskryf oor die onreg van die Apartheidstelsel. Gedurende die 1960’s was First vir 117 dae in eensame opsluiting en na Engeland verban. Sy is vermoor deur 'n briefbom in Maputo, Mosambiek. Sy was met mede-aktivis Joe Slovo getroud en hulle het twee kinders gehad.
Mandela en First was bevriend en hulle het gereeld gepraat oor politiek en die vryheidssbeweging. Hulle is in 1955 van verraad aangekla as medebeskuldigdes en is in 1961 vrygespreek. In hierdie foto praat hy met First by hulle hoogverraadsverhoor.

"Ons sal ook sterf, maar wat ons gesamentlik tot ons nasionale kulturele identiteit bydra, sal vir ewig lewe." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - Mandela: A Man of Principle

’n Emosionele Brenda Fassie, die Suid-Afrikaanse pop diva, omhels Mandela....more

Mandela 100 - The Charm of Mandela

Nelson Mandela het in 1990 na sy vrylating uit die tronk na sy huis in Soweto teruggekeer. Nelson het groot geword in No. 8115 Vilakazistraa...more

Mandela 100 - The Fight for Freedom

Mandela was geliefd deur sy ondersteuners en 'n simbool van vryheid vir almal. Hy word dikwels gesien as 'n goddelike figuur in Suid-Afrika,...more

Mandela 100 - The Mandela Legacy

Mandela ontvang ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg....more