Mapungubwe Koppie

Die Oos-kus was Besig

©Roger de la Harpe
Teen die einde van die eerste millennium van die Algemene Era was die ooskus van Afrika besig. Arabiese en Asiatiese seemanne het die seisoenale handelswinde ontdek en dit het hulle toegelaat om op en af oor die Afrika kus te seil en items soos dierevelle, goud en ivoor by die plaaslike inwoners te kry. ’n Aantal handelstasies was dus in plekke soos Zanzibar, Mogadishu, Madagaskar en Kilwa opgestel en dit het die see-langse handelsnetwerk gestig – een wat die Europese voyages van ontdekking met meer as 500-jaar vooruitloop.

Die mees suidelike handelsentrum was Sofala, geleë naby aan die hedendaagse stad van Beira in Mozambique. As sulks het spanne van Afrika porters van die binneland hul items na die kus gedra, waar dit vir items soos glaskrale, skulpe en lukraake porselein stukke vanuit die Verre Oorste verruil word.

Die Mapungubwe Gemeenskap

©Roger de la Harpe
Aangesien die Limpopo area ’n oorvloed getal wilde olifante gehad het, was ivoor algemeen en 'Nuggets' van alluvial goud was ook in die riviere te vinde en vele stamme in die area het heelwat prosperous geword. Geleidelik het hierdie vroeë entrepreneurs begin om gesofistikeerde gemeenskappe te bou, gebaseer op persoonlike wealth en status. Gelukkig was die klimaat, op die tyd, in ’n benevolent phase en die ontwikkelende koninkryke was geseën met vrugbare lande en volop vee.

’n Prominente middelpunt van hierdie mercantile ystertyd was ’n aantal honderd kilometer na die noord-weste van die Kruger Nasionale Park geleë, naby aan die samevloeiing van die Limpopo - en Shashriviere. Teen 1200 het hierdie gemeenskap ontwikkel tot ’n considerable empire met invloed oor ’n aantal honderd kilometer. ’n Area wat huidig die oorgrens area tussen Botswana, Zimbabwe en Suid-Afrika is.

Vandag bekend as die Mapungubwe gemeenskap, die hoofstad was gebou op ’n kenmerkende platpunt koppie aan die suidelike deel van die Limpopo-rivier. Die koning het op die bergspits saam met sy klein entourage gebly. Aan die voet van die koppie het ’n paar duisend mense gebly wat, letterlik, opgekyk het na hul koning as ’n geëerde wesing.

Mapungubwe Geskiedenis

©Roger de la Harpe
Vir ’n 100-jaar het die mense wat rondom Mapungubwe Koppie gebly het, floreer. Toe, skielik, het die gemeenskap inmekaar geval. Dit lyk nie asof dit aangeval was deur iets of iemand van buite nie, maar klimaatsveranderinge en ’n droogte het mense miskien forseer om aan te beweeg. Wat okal die rede, om en by 1290 was Mapungubwe skielik verlaat.

Afrika stamme wat daarna in die area gebly het, het die koppie as taboe beskou. Dit was gesê dat dit die woonplek van die voorvaders is wat ’n vloek op enige mens wat die koppie klim sou sit. Mapungubwe was daarom shunned* en die storie van sy mense was toegevou in ’n wolk van geheim vir amper 700-jaar.

Wit boere van die area het eers in die 1930’s van die verbode koppie gehoor en, nie gepla met die plaaslike bygelowe nie, die styl pad op geneem. Hulle herontdekking van verskeie koninklike grafte op die koppie, voltooi met goue artefakte, het ’n 70-jaarlange ontgunningstog begin wat steeds aan die gang is.

Mapungubwe Misteries

©Roger de la Harpe
Daar is ’n aantal argeologiese plekke waar die geheime van die verlede en die antieke mense steeds die harde landskap spook. Mapungubwe Koppie (‘Plek van die Jakkals’) is relatief naby aan Musina, by die grenspos, geleë. Dit was eens ’n natuurlike fortress* en was bewoon tussen NC 950 tot 1200. Ontdekkings sluit vele goud artefakte in en dui aan dat ’n handelskultuur tussen Afrika, Indië en China bestaan het.

’n Unieke Afrika Oomblik

©Roger de la Harpe
Mapungubwe is die eerste nasionale park wat toegewy is aan ’n unieke Afrika oomblik – een wat die geskiedenis wat eens misgekyk en geïgnoreer was, prys. Dit gaan egter oor meer as net politiek. Mapungubwe is ’n populêre bestemming, omdat dit ’n fantastiese plek is om te besoek. Die natuurskoon is ongewoon en uniek. Die ruskampe is uitstekend. Die park het ook drie belangrike argeologiese plekke; Mapungubwe Koppie, K2 en Schroda.

Translated by Nina Joubert