Keuse van Kultivars

© Louise Brodie

Die keuse van ‘n druiwe kultivar word deur ‘n verskeidenheid van aspekte beïnvloed, die belangrikste daarvan die grondtipe en area (bv. helling, hoogte bo seespiëel) asook die tipe wyn wat gelewer gemaak wil word vir ‘n spesifieke mark. Tydens beplanning van die nuwe wingerd, moet die totale omvang van die ander boerderyvertakkings oorweeg word.

Byvoorbeeld, dit sal praktiese implikasies hê om twee verskillende gewasse op dieselfde tyd te oes. By die keuse van kultivars behoort die rypwordingdatums deeglik oorweeg te word ten einde die oesperiode te versprei en botsings met die oestye van ander gewasse te vermy.

Met die kies van ’n spesifieke kultivar moet onthou word dat die kultivar ook een of meer klone kan hê; sekere klone raak vroeër ryp of dra dalk groter trosse en kan dus hoër produksies lewer. Die keuse van onderstok is ook belangrik. Kies onderstokke wat by die grondtipe aangepas is.

©Louise Brodie

Onderstokke in Suid-Afrika is oor jare deeglike geëvalueer en het gelei tot onderstokke wat goed weerstandbiedend is teen filloksera en nematodes soos 99 Richter, 110 Richter, Magister 101-14 (101-14 Mgt), 140 Ruggeri en 1103 Paulsen, sowel as Ramsey vir baie sanderige grond en vir volume-produksie.

Maar waar Phytophthora besmetting in die grond is moet die hoogs sensitiewe 99 Richter vermy word. Ondervinding oor bo en onderstokprestasie op die spesifieke grondtipe behoort oorweeg te word aangesien die onderstok ook die groeikrag van die wingerd beïnvloed.

Waar groot volume druiwe geproduseer moet word, maak dit sin om Ramsey en US 8/7 onderstokke te gebruik. Vir kulitvars waar laer opbrengs en hoë kwaliteit verlang word, kan 99 Richter, 110 Richter en 101-14 Mgt oorweeg word.

Slegs goeie gesertifiseerde plantmateriaal behoort gekoop te word en moet minstens 14 tot 18 maande voor plant by ’n betroubare en registreerde stokkieskweker bestel word.

Translated by Marinda Louw