Identifikasie van die Gevlekte Hiëna

©Robert Hofmeyr
Die Gevlekte Hiëna (Crocuta crocuta) is die grootste van die hiëna familie. Hulle lyk soos baie groot, swaar geboude honde met lengtes wat wissel van 20 cm tot 180 cm en hulle weeg tussen 60 kg tot 80 kg. Gevlekte Hiëna’s het kort vuil-wit tot ligbruin kleur hare met baie oneweredige donker bruin kolle of vlekke wat met die ouderdom vervaag. Daar is kort maanhare wat regop op sy rug staan.
Gevlekte Hiëna’s se ore is rond en nie gepunt soos die ore van die bruin hiëna nie. Hulle voorbene is ook langer as hulle agterbene, wat maak dat hulle skouers hoër is as hulle kruis. Daar word ook na hulle verwys as laggende hiëna’s oor die giggelende en kekkelende klank wat hulle maak as hulle diere aanval of verontrus is.
Die vroulike hiëna het tot drie keer meer testosteroon as die mannetjies, is tot 10% groter as die mannetjies en is baie meer aggresief as die mannetjies en daarom is hulle dominant in die familiegroep. Hulle het ʼn hoogs gesofistikeerde hiërargie met ʼn vroulike hiëna afstammeling wat die familiegroep sal oorneem wanneer die alfa wyfie doodgaan. Daar is blykbaar uitsonderlike gevalle waar ʼn mannetjie so ʼn familiegroep sal lei.
Wyfies wat in laer posisie is mag webreek van die groep om hulle eie familiegroep te vorm. Om inteling te voorkom, verlaat die jong mannetjies soms die groep om by ander groepe aan te sluit. Sosiale verhoudings is baie belangriker as die grootte van die mannetjie, so hulle moet nuwe getrouheid vorm met ander hiëna’s in ʼn ander familiegroep. Dit is moeilik om die mannetjies en wyfies uitmekaar te ken omdat die wyfies die mannetjies se vorm van hulle geslagsorgane na-aap. Vroulike Gevlekte Hiëna’s het ʼn vetterige pseudo-skrotum en ʼn erektiele klitoris wat baie soos die manlike penis lyk.
Die eienaardige vorm van die klitoris maak paring moeilik omdat dit stekelrig raak wanneer dit regop is. Die mannetjies moet daarom baie kalm en presies wees tydens paring wat ook die rede kan wees waarom passiewe mannetjies groter sukses het om wyfies die hof te maak.
Gevlekte Hiënas word seksueel aktief vanaf driejarige ouderdom en paring vind plaas regdeur die jaar. Een tot vier kleintjies word gebore na ʼn swangerskap tydperk van 110 dae. Die kleintjies word gebore deur die pseudo-penis, wat veroorsaak dat tot 60% versmoor op hulle pad uit. Die klein geboorte kanaal is ook baie maal fataal vir moeders wat die eerste keer geboorte gee. Wyfies soek vir ʼn lêplek net voordat hulle geboorte skenk en dra dan die kleintjies na die gemeenskaplike den omtrent twee weke nadat hulle gebore is. Die kleintjies word met oop öe gebore en suig aan die ma totdat hulle 12 tot 18 maande oud is. Vanaf 5 maande sal hulle vleis begin vreet wat naby hulle lêplek doodgemaak is. Hulle bly agter by ʼn babaoppasser terwyl die ma gaan jag.

Dood en Voed Patroon

©Robert Hofmeyr
Mense het gedink dat hierdie Gevlekte Hiënas bang aasvreters is, maar in sommige Oos Afrika lande word daar geglo dat hulle aan hekse behoort wat op hulle ry omdat hulle geslepe taktieke vir jag gebruik en omdat hulle meestal in die nag jag.
Volgens navorsing deur Gus Mills, is data gevind dat die Gevlekte Hiëna’s meer jag as aas vreet in sekere areas, met groepe wat hulle prooi vir kilometres jaag totdat die prooi neerval van uitputting. Ander studies het bewys dat leeus in sommige areas meer aasvretend is as hiëna’s in plaas van anders om. Hulle mag individueel of in groepe jag. Die dieeet van die Gevlekte Hiëna strek van insekte tot groot wilddiere. Jy wil nie mors met hierdie hiënas nie.
Hulle het die sterkste kake in vergelyking met hulle liggame se groote van enige van die ander soogdiere, wat toelaat dat hulle selfs die bene van kameelperde kan fynkou. Om lewendehawe aan te val is baie raar omdat hulle net in bewaringsgebiede in Suid Afrika voorkom. Koeie, skape en bokke is die prooi wat al in party gevalle aangeval is. Boere moet onthou dat as hulle sien dat hiëna’s aan karkasse vreet dit nie beteken hulle het die diere doodgemaak nie.
Volgens die Predasiebestuur Handleiding sal hulle eers die vleis van die heel karkas eet rondom die anale area en dan die buik oopmaak om by die sagte organe uit te kom. Sodra die maag in sy geheel geëet is sal die hiëna die longe, buik spiere en beenspiere eet. Sodra die spiere geëet is sal stukke vleis weggedra word om rustig te gaan eet. Hulle mors geen kos nie, so daar is geen spoor van die maaltyd wat hulle verorber het nie.

Bestuur

©Nigel Dennis
Gevlekte Hiëna’s is in die South Africa Red Data Book for Mammals, as diere wat byna uitgesterf het so boere moet navrae doen by die relevante outoriteite aangaande die nodige permitte om hierdie diere te vang. Volgens die Predasie bestuur handleiding kan luiperd valhokke met lam karkasse daarin gebruik word om die Gevlekte Hiëna’s vas te keer om hulle te hervestig. Elektriese heinings mag help om hulle van plase af weg te hou, terwyl om gebruik te maak van krale, veldwagters en wag diere kan die lewendehawe beskerm word teen roofdiere.

Translated by Wilma Koeppen