Geskiedenis wat Mandela Gevrom het deur Benjamin Pogrund

© Eric Miller

Sharpeville-protes

Die anti-pasboek proteste was deel van die onrus van daardie 1960’s era. Wette om Apartheid af te dwing het uit die heeltemal wit regering gevloei en die ANC het gesukkel om dit te weerstaan.

Dit was nie suksesvol nie. Die Pan-Africanist Congress (PAC) het as ’n mededinger organisasie verskyn en het die spoed vir teenstand gestel deur swartes op te roep om hul pasboeke by die huis te los en na hul naaste polisiestasie te gaan en hulself vir arrestasie op te gee.

Die veldtog was op die 21ste Maart 1960 geloods en die resultate is geskiedenis: die populasie antwoord was skraal, maar in die township van Sharpeville, naby Vereeniging, waar ’n vreedsame skare van duisende saamgekom het, het die polisie begin skiet en 68 mense doodgeskiet. Dit het die ANC saamgebring en hulle het proteste opgeroep ’n week later.

Soos wat opstand regoor die land opgevlam het, het die regering beide die ANC en die PAC verban, ’n Noodtoestand was verklaar en duisende sonder verhoor aangehou.

All-in African National Action Council

Die gebeure het Mandela nuut versterk. Met Tambo wat in ballingskap gegaan het, het Mandela toenemend die primêre leier geword. Hy het in die rol in gegroei en was die dominante dryfkrag in die komende jaar om uitdrukking te gee aan swart opposisie teen die intensie van die Afrikaner Nasionaliste om hul lang-gekoesterde droom van ’n republiek te verklaar, te vervul en terug te keer na die Boer republieke wat weggevee was deur die Suid-Afrikaanse Oorlog met die draai van die 20ste eeu.

Mandela het die All-in African National Action Council, ’n dun vermomde weergawe van die verbanne ANC gevorm. Hy het ’n weier getal swart mense oortuig om daarin deel te neem deur ’n algehele protes op Maandag 29 May 1961 op te roep. Dit was onwettig vir swart werkers om te protesteer en daarom was dit ’n bly-by-die-huis genoem. Die protes se formele loods het in Pietermaritzburg in Maart plaasgevind.

Dit was ’n standaard ANC massa byeenkoms: spreker na spreker en met ’n voorafuitgewerkte stel besluite wat deur populêre stemming ingestem moet word. Opwinding het deur die stampvol saal versprei toe Mandela skielik voorgestel was as spreker. Sy naam was bekend, alhoewel hy min gesien was by vergaderings in die land vir baie van die afgelope nege jaar.

Hy was onder afwisselende verbanne, wat hom verhoed het om vergaderings of sosiale geleenthede by te woon. Dit het beteken dat hy nie met meer as twee mense op ’n slag kon wees nie en hy was tot Johannesburg beperk (behalwe om toegelaat te word om na Pretoria toe te gaan vir verraad verhore). Ten spyte van hierdie beperkings was Mandela hoogs aktief in die ANC.

Verbanne Leiers Werk in Geheim

Toe die regering se verbannings vroeg in die 1950’s begin het, het die ANC besluit op ’n beleid van ‘Ons staan by ons leiers’, met die gevolg dat verbanne leiers aangehou het in die geheim te werk. Die rede hiervoor was lofwaardig, maar dit het beteken dat ’n leierskap ontwikkel het wat nooit aan ’n oop-verkiesing onderwerp was nie en wat stadig aanraking verloor het met die rang en leêr, omdat dit nie in maklike verbintenis met mense kon wees nie.

Die beste en die slegste hiervan was bewys in Pietermaritzburg. Die Mandela-naam was bekend, maar die persoon was nie. Sy mees onlangse verbod het ’n kort rukkie van tevore verval en hy het ’n verrassende verskynsel gemaak op die platvorm: die aankondiging van sy naam as spreker was met groot applous gegroet, maar hy was ook ’n vreemdeling.

In later jare is dit beweer dat Mandela ’n massiewe indruk by daardie vergadering gemaak het. Maar hy het nie. Hy het ’n formalistiese toespraak gelewer en vinnig weer deur ’n sy-deur die byeenkoms verlaat, voordat die sekuriteitspolisie buite die saal waarskynlik geweet het hy daar was. Die vergadering het as die protes oproep opgetree.

Impromptu Toesprake

Mandela se charisma word selde in uitgewerkte toesprake geopenbaar. Maar sy krag en vermoë om uit te reik na mense en hulle te omvou, kom wanneer hy sonder nota’s praat.

Die frases mag miskien voorberei wees en vir iemand wat so baie toesprake te maak soos wat hy het, is gereelde herhaling onvermydelik. Maar die warm, menslike kwaliteit kom steeds deur.

Enige iemand wat hom al gehoor het, weet dit. Soos by die geleentheid in Brittanje in die middel van die 1990’s, toe Mandela ’n vroeë besoek as die president van die nuwe Suid-Afrika gemaak het en met die skare van honderde gepraat het in die tuin van die huis van die eerste post-Apartheid Hoë Kommissaris, Mendi Msimang.

Die gehoor het bestaan uit uitgewekenes, hoofsaaklik wittes; hulle was talentvolle Suid-Afrikaners wie oor die jare geëmigreer het. Mandela het met hulle gepraat oor huis toe kom, oor hoe hulle benodig was om die nuwe Suid-Afrika te bou. Sy woorde en gedagtes was direk en persoonlik, met brokkies self-geringskattende humor, wat sy styl is.

Ek het die reaksies van die mense rondom my dopgehou: hy het hulle in die palm van sy hand gehad. Hy het vir omtrent 20 minute gepraat en ek het geen twyfel gehad dat as hy aan die einde afgekondig het dat daar ’n vloot vliegtuie by Heathrow-lughawe wag om hulle terug te neem, sou daar ’n massa stormloop wees om plek op ’n vliegtuig te kry.

Translated by Nina Joubert

Benjamin Pogrund's Favourite Mandela Story

Daar is baie, baie wonderlike stories oor Mandela, maar my gunsteling is die een wat deur Jules Browde, die bekende Johannesburgse wit proku...more

Mandela and Benjamin Pogrund's Family

Sy het ’n dokumentêr oor sy besoek, genaamd 'The Last Mile: Mandela, Africa and Democracy', vervaardig en dirigeer....more