Daar is baie, baie wonderlike stories oor Mandela, maar my gunsteling is die een wat deur Jules Browde, die bekende Johannesburgse wit prokureur wat mense in politieke proewe in die Apartheidsera verdedig het, aan my vertel het. Jare gelede het ek die storie gebruik in ’n klein boek oor Mandela vir hoërskoolskoliere.
Browde vertel dat hy onthou hoe hy vir Mandela gesê het dat hy en sy vrou een aand uit gegaan het en hul seun van vier met ’n swart oppasser gelos het. Die seun het uitgeroep en gesê: 'Ek wil nie met ’n swart gesig gelos word nie.' Browde het aan Mandela gesê hy dat hy dit nie kan verstaan nie: 'Ons is liberale mense en daar is geen spoor van rassisme in ons huis nie.
' Mandela het gesê dat hy dieselfde probleem by die huis het, net in die omgekeerde: wit vriende het hulle onlangs besoek en toe die vriende weg is, het sy kind gesê: 'Hoekom het jy wit mense hier?' Mandela het gesê hy het geantwoord: 'Nie alle wit mense het wit harte nie. Sommige het swart harte. '
Translated by Nina Joubert