Dr. Peter Magubane Biografie

© David Meyer-Gollan

Dr. Peter Magubane, internasionaal erkende fotojoernalis, is op 18 Januarie 1932 in Vrededorp gebore en was in Sophiatown groot gemaak. Hy was geïnspireer deur fotografie toe sy pa, ’n vrugteverkoper, vir hom ’n Kodak Brownie kamera gekoop het as skoolkind. Sy fotografiese loopbaan het gedurende Suid-Afrika se stryd vir demokrasie begin.

Dr. Peter Magubane se professionele fotografiese loopbaan het in 1955 by Drum-tydskrif begin as ’n drywer en boodskapper. Vinnig-vinnig het hy ’n werk losgeslaan as ’n donkerkamer assistent vir Jurgen Schadeberg. Sy eerste groot opdrag was om die African National Congress se 1955 konvensie te dek.

Hy het sy kamera gebruik om foto’s te neem van die ervaringe en styde van swart Suid-Afrikaners gedurende Apartheid. Sy beelde het die wêreld media bereik en aan hulle die ongeregtighede wat elke dag in Suid-Afrika plaas gevind het, gewys.

Dit is die storie van ’n goeie man wie meer seergemaak was deur die feit dat sy foto’s nie die wêreld media sou bereik nie, omdat ’n polisieman hom forseer het om die film aan die lig te ontbloot, as wat hy was oor die feit dat die polisieman sy neus gebreek het.

Peter was daar met sy kamera, besig om die opstande teen die paswette, die vorming van Umkhonto we Sizwe, Nelson Mandela se arrestasie, die Rivonia-verhoor, die verbanning van die ANC, die Sharpville-opstande, die begin van Steve Biko se Swart Bewustheidsbeweging, asook die Soweto-opstande te dokumenteer.

By die Soweto-opstande het hy die oproerige studente oortuig dat “’n Stryd wat nie gedokumenteer word nie, nie ’n stryd is nie.” As gevolg van sy betrokkenheid by die Soweto-opstande was sy huis afgebrand en was hy en mede swart joernaliste vir 123 dae aangehou. In 1957 was sy aansoek om aansluiting by die heeltemal-wit Fotografiese Gemeenskap van Suid-Afrika van die hand gewys.

Die Drum-fotograwe het toe die nie-rassige Progressiewe Fotografiese Gemeenskap gevorm. In 1961 was dr. Peter Magubane die eerste swart fotograaf in Suid-Afrika om sy eie uitstalling te hou. Sy werkgewers by die Rand Daily Mail het vir hom sy eie donkerkamer gebou. Suid-Afrika se wette op daardie tydstip het hom nie toegelaat om dieselfde donkerkamer as sy wit kollegas te gebruik nie.

Hy was die eerste swart fotograaf wat by daardie publikasie aangestel was en was daar van 1967 tot 1980. Dit het ’n 5-jaar verbanning tot 1975 ingesluit. Gedurende hierdie periode het hy 98 dae in alleenaanhouding deurgebring en ses maande in die tronk. Dr. Magubane het ook teistering, aanranding, bokhaelwonde, lang periodes van arrestasie en ondervraging ervaar.

Hy was sewentien keer geskiet by ’n student se begrafnis in Natalspruit. In 1969 het hy 586 dae in alleenaanhouding spandeer. Hy het sy kamera van die polisie weggesteek in ’n uitgeholde Bybel, binne-in sy baadjie, ’n melkhouer of ’n halwe brood.

Hy het gemaak asof hy die brood eet terwyl hy foto’s geneem het. In die vroeë 1960’s het hy bietjie tyd in Londen spandeer en vir Time-tydskirf tussen 1978 en 1980 gewerk. Vanaf 1980 het hy ook tyd in New York spandeer. Dr. Peter Magubane het ook vir publikasies soos National Geographic, Life, New York Times, Washington Post, Paris Match en Sports Illustrated gewerk.

Die Verenigde Nasies was ook een van sy kliënte. Sy assosiasie met Nelson en Winnie Mandela, beide professioneel en as vriende, het in die 1950’s begin. Hy was Madiba se amptelike fotograaf van die tyd van sy vrylating tot sy vroeë jare as president.

Hy het die komplekse stam- en territoriale konflikte in die aanloop na Suid-Afrika se oorgang na demokrasie vasgevang. Toe skuif sy aandag na die kulturele tradisies van post-demokratiese Suid-Afrika. Dr. Peter Magubane beskou sy grootste eer as die South African Order of Meritorious Service Silver Class II wat aan hom gegee is deur president Nelson Mandela.

Hy het al verskeie kere sy kamera neergesit om te keer dat mense doodgemaak word. Vir hierdie heldedade was hy die American National Professional Photographers Association Humanistic Award toegeken. Hy was die eerste swart Suid-Afrikaner om die Pers Foto van die Jaar in 1958 te wen.

Hy het nege eredoktorsgrade en was die Cornel Cappa Lifetime Achievement Award van die International Centre van Photography in New York gegee. Ander toekennings sluit in die Robert Capa Toekenning, die Special Missouri Honor Medal for Distinguished Service in Journalism, die Martin Luther King Luthuli Toekenning, ’n Leeftydprestasietoekenning van die Mother Jones Foundation en Leica Cameras, asook ’n Lidmaatskap van die Tom Hopkinson School of Journalism and Cultural Studies by die Universiteit van Wales.

Vroeë toekennings op tuisgrond sluit in Excellence in Journalism Award aan hom gegee deur Walter Cronkite, geborg deur Stellenbosch Farmers’ Winery.

Dr. Magubane het twee keer ’n uitstalling gehou van wat hy beskou as sy mees ikoniese foto’s van Nelson Mandela: eenkeer by ’n Verenigde Nasies byeenkoms in Poland, waar die uitstalling deur die vorige Poolse president Lech Wales geopen was.

Die tweede uitstalling is geskeduleer vir die periode van die 1ste Julie tot die 30ste September by die Nelson Mandela Gateway to Robben Island. Hierdie foto’s was deur dr. Peter Magubane aan die Nelson Mandela Foundation geskenk.

Dr Peter Magubane and Solitary Confinement

’n Doodnormale dag in Junie 1969 was vir die nuusman dr. Peter Magubane lewensveranderend. Die brutale vuis van sensorskap het hard geslaa...more

Dr Peter Magubane and the Soweto Riots

Dit is die 16de Junie 1976. Tydens die aanloop tot hierdie dag het ’n fenomeen oor die land plaas gevind. Woord het soos ’n onsigbare vu...more

Dr Peter Magubane Exposes Child Labour

Dr. Peter Magubane arriveer in Soweto deur van die agterpaaie gebruik te maak. Peter is op die uitkyk vir die minderjarige werkers op die wr...more

Dr Peter Magubane Official Photographer to Nelson Mandela

Dr. Peter Magubane onthou sy onskuldige eerste ontmoeting met die man wat later ’n lewenslange vriend sou word. ‘Dit was gedurende die t...more

Peter Magubane by Desmond Tutu in 1986

Peter Magubane is volkome ’n kunstenaar met die kameralens en hy het tereg ’n uitstekende internasionale reputasie behaal. Peter se stil...more

Peter Magubane's Career

Peter Magubane, een van Suid-Afrika se mees gevierde kameramanne het dit alles in die verbyloop gevat. Hy het sommige van die belangrikste ...more

Snapshot of Dr Peter Magubane's Career

In 1990 is dr. Peter Magubane as Nelson Mandela se amptelike fotograaf gekies om die land se vier-jaar oorgang na demokrasie af te neem....more

A Tribute to Dr. Peter Magubane by David Meyer-Gollan

Dr Peter Magubane is een van Suid-Afrika se mees internasionaal bekroonde fotograwe....more

Letter to Dr. Peter Magubane from Nelson Mandela

Peter Magubane, wie ’n uitstekende bydrae tot fotojoernalistiek oor die afgelope vier dekades gemaak het, het sy talente as ’n fotograaf...more

At Home with Dr Peter Magubane

Dr. Peter Magubane se sitkamer is gevul met helder kralewerkpotte en houtkerfsels. In die hoekie sit ’n antieke grammofoon trots, naby aan...more