Gaan terug in tyd met Dr. Peter Magubane na die laat 1950s. Hy is besig om sy afdruk op die wêreld te maak. Hy het onlangs sy eerste groot opdrag gedek oor die African National Congress (ANC) vir Drum tydskrif. Die redakteur, Tom Hopkinson, is vreeslik tevrede met die jong kameraman se werk. Peter sal aanhou om aan exposés met Drum skrywers te werk, insluitende die 'Nude "Pass" Parade' wat handel oor die vernederende pasboekwette en die hantering van swart mense in Suid-Afrika.
Die volgende jaar wen Peter eerste en derde plek in ’n fotografiese kompetisie. Die wit fotograaf wat tweede plek ingeneem het, het geweier om sy hand te skud. Ten spyte van die aanvaarde vooropgestelde idees van die tyd het hy ’n onstuitbare loopbaan begin. In dieselfde tydstip word Sophiatown tot die grond toe afgebreek. Saam met ander gesinne word hy met geweld verwyder, ontwortel en na Diepkloof verskuif.
Gedurende die 1960s en 1970s het die jeug in ander dele van die wêreld hulself teen onderdrukking uitgedruk deur middel van musiek en protes. By die huis het die fotojoernalis, nou in sy dertigerjare, belangrike gebeurtenisse soos die Sharpeville-bloedbad gedek - 'Ek het nog nooit so baie dooies gesien nie' - en die Rivonia-verhoor vir Drum-tydskrif.
Die 1980s open internasionale deure vir die fotojoernalis dr. Peter Magubane. ’n Opdrag vir die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge brei sy saak na Afrika uit. ‘Deur fotografie het ek die meeste dele van die wêreld gesien," gee hy toe. In hierdie dekade dek hy die hongersnood in plekke soos Somalië en Ethiopië en dit "Tref jou reg in die voorkop."
Gedurende dieselfde tyd werk hy vir Time-tydskrif in Suid-Afrika. Vir een opdrag in 1985, dek hy ’n student se begrafnis in Natalspruit. Toe geweld op daardie dag uitbreek, word hy sewentien keer onder die middel met bokhael geskiet. Hy was egter so vinnig as moontlik terug op sy pos in 1986 en hy tree in en red ’n ma en dogter van ’n woedende skare in Leandra.
In 1990 is Dr. Peter Magubane as Nelson Mandela se amptelike fotograaf gekies om die land se vier-jaar oorgang na demokrasie af te neem. 'Die tipe "politiese fotografie" werk wat ek besig was om te doen terwyl hulle in die tronk was, het die pad vir my reggekry om gekies te word as die fotograaf was Mandela sou rondvolg totdat hy president van Suid-Afrika sou word.
‘Ek was ekstaties!' lag Peter. 'Wat meer wil ’n fotograaf hê as om aangewys te word om die lewe van ’n heilige te volg? Dit was ongelooflik om gekies te word uit soveel fotograwe om hierdie brawe man te volg. Ek het geweet dat ek my beste moes doen om sy lewe te dokumenteer soos wat ek dit sien, tot en met die tyd wat hy President geword het’.
Peter het sestien boeke gepubliseer, waarvan drie in Suid-Afrika verban was in die 1970’s en 80’s: Magubane's South Africa, Black as I Am en Black Child. Gedurende ’n seremonie waar Dr. Peter Magubane se werk vereer was, was ’n kommentaar gelewer dat 'Many airlines cover less territory than Magubane's solo exhibitions!' Sy onderwerpmateriaal is uiteenlopend, van verminderende kulture tot na-demokrasie lewe in Suid-Afrika.
Uit die vele internasionale toekennings wat Peter al ontvang het, is daar een toekenning wat ’n spesifieke trotse plek op sy rak het: die Order for Meritorious Service Class Il, wat hy van die vorige President Nelson Mandela in 1999 ontvang het. 'Ek het vele fotografiese pryse in my lewe ontvang van hierdie land in die 1950’s tot verskeie internasionale en leeftydprestasie toekennings, maar die een wat ek van Madiba ontvang het, is my mees omgesiene besitting. As jy ’n toekenning van ’n man van Mandela se statuur ontvang het – wat meer wil jy hê?’ sê hy stralend.