Bat-eared Fox
Bakoorvos

© Nigel J Dennis

Naam

Bakoorvos [Otocyon megalotis]

Voorkoms

Die Bakoorvos het 'n silwer-grys, sagte pels en 'n swartstippelagtige stert met 'n swart streep bo-op. 'n Kenmerk wat uitstaan is die ore wat swart is aan die buitekant en wit van binne. Die lang, skerp snuit is swart bo en wit onder. Hierdie kleinerige diere is 300 mm hoog tot by die skouers en het 'n lengte van 800 mm. Hulle massa is ongeveer 3-5 kg.

Dieet

Hulle het klein tande wat hul dieet beperk tot insekte, klein knaagdiere en vrugte. Die hoofvoedsel bron is stroper termiete.

Teling

'n Werspsel van twee tot vyf welpies word gebore na 'n dragtigheids periode van 60 dae. Welpies word laat Oktober tot vroeg in Januarie gebore. Kleintjies is op ongeveer tien weke gespeen. Seksuele volwassenheid en reproduktiewe aktiwiteit begin in die tweede jaar van die Bakoorvos se lewe.

Gedrag

Die Bakoorvos is hoofsaaklik nag diere en lê in sy gat gedurende die dag. Mannetjies bewaak die gat waar kleintjies weggesteek word, terwyl die wyfie voedsel soek. Gewenste habitat is in kort gras of oop struik land wat goeie sigbaarheid bied vir die opsporing van roofdiere, en aan 'n voldoende voorraad kos voorsien. Wanneer daar van 'n roofdier ontsnap word hardloop hulle tussen die lang gras of dik bosse in.

Waar hulle gevind word

Wydverspreid in suidelike en oostelike Afrika. Kom in droë en halfdroë gebiede voor. Onlangs het hul ook versprei na die Kaapse Skiereiland en na Kaap Agulhas. Afgesien van plaaslike vervolging deur boere, is hul steeds vollop.

Veldnotas

Een van die mees innemende gewoontes van die Bakoorvos is die manier waarop hulle met hul ore naby die grond loop wanneer hulle grawe en snuffel. Hulle sal skielik ophou, aandagtig luister en dan aggressief die grond opgrawe. Hul ore kan selfs die bewegings van insekte ondergronds optel.