Watervereistes van Varke

Daar word dikwels nie baie aandag geskenk aan die rol van water in varkproduksie nie. Tog is dit een van die belangrikste faktore weens sy rol in die fisiologiese funksies van die vark se liggaam. Vir optimale gesondheid moet skoon, koel drinkwater te alle tye vir alle varke beskikbaar wees, sodat hulle soveel water kan drink as wat hulle wil, wanneer hulle dit nodig het. Die watergehalte, klimaatstoestande en produksie-stadium moet in ag geneem word wanneer die waterbehoeftes van varke oorweeg word.

Waterkwaliteit in Varkproduksie

©Glenneis Kriel
Nipple drinkers helps to reduce water wastage.
Die kwaliteit van die plaas se waterbron moet verkieslik jaarliks ​​getoets word, sodat regstellende maatreëls kan geneem word indien nodig. Die bron van water (bv. dam-, munisipale- of boorgatwater) bepaal dikwels die kwaliteit en geskiktheid van die water vir varke.
Wanneer die waterkwaliteit getoets word, moet die volgende aspekte ontleed word:
Die bakteriese telling: Chloorbehandeling van drinkwater word aanbeveel indien die bakteriese telling hoog is. Onthou dat vuil waterpype en waterdrinkpunte bakteriese probleme in die varkhokke kan vererger, daarom is dit belangrik om gereeld skoon te maak.
Sure: Die pH-vlakke van varke se drinkwater moet wissel tussen 5 en 8. ‘n pH vlak bo of onder hierdie kan die inname van die water beïnvloed en moontlik skadelik wees. Water wat te suur is (onder 5), kan ook korrosie en beskadiging van pype en waterlyne veroorsaak, terwyl water wat te sout is (pH bo 8) uitvlokking kan veroorsaak wat pyplyne en waterdrinkpunte kan verstop. Watertoevoerpype moet dan gereeld gespoel word.
Hardheid: Oor die algemeen is kalsium en magnesium die twee minerale wat water ‘hard’ maak. 'n Water versagter (of water ontkalker) kan gebruik word om die water te versag.
Hoë nitrate, sulfaat en ander minerale: Die vark se dieet moet aangepas word om hoë vlakke van spesifieke chemikalieë en minerale in sy drinkwater te balanseer. Water moet moontlik ook gefiltreer of behandel word voordat dit aan die varke voorsien kan word, wat onder sekere omstandighede produksie nie-winsgewens kan maak.

Volumes Water Benodig vir Varkboerdery

©Glenneis Kriel
Water should be clean enough to be suitable for human consumption.
Die hoeveelheid water wat daagliks benodig word, hang af van baie faktore, insluitend die klimaat, voer, vark se gesondheid. Die produksie-stadium asook die tipe waterdrinkpunte wat gebruik word. In groot produksie-eenhede kan 'n vark daagliks minstens vyf tot tien liter water benodig. Soos byvoorbeeld sal ‘n pas-gespeende varkie 2 liter water per dag drink en tot 6 liter water per dag sal vir ‘n groei-vark (met tepel-tipe waterdrinkpunte) nodig wees. Lakterende sôe het selfs meer water nodig om in die melkbehoeftes van hul baba varkies te voorsien; hulle kan tussen 15 en 32 liter water per dag op die tepel-tipe waterdrinkpunte nodig kry. Die waterbehoeftes van dragtige sôe wissel tussen 12 en 15 liter per dag.

Ander Oorwegings vir Waterkwaliteit

©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA.
There should be enough space at the drinkers to prevent competition.
Water moet koel wees, anders sal die varke dit nie drink nie. Maak dus seker die water is heeldag in 'n skadu area. Waterhouers moet ook vasgemaak word om te voorkom dat dit weggedra of omgedop word en moet gereeld skoongemaak word. Die algemene idee is dat die kwaliteit van drinkwater vir varke geskik moet wees vir menslike verbruik en die waterdrinkpunte so skoon wees dat die boer self daarvan sal kan drink.

Modder vir Varke

©Glenneis Kriel
Wallowing in mud allows pigs to cool down.
Min boere verskaf modderputte vir hul varke, maar daar is gevind dat dit help met die vark se temperatuurregulering. Dit kan help om varke se temperatuur met sowat 2℃ Celsius te verlaag. Dit is nog meer doeltreffend as sweet wat moeilik is vir ‘n vark wat geen sweetkliere het nie. Die modder help ook om parasiete soos bosluise en luise in beheer te hou, maar modder moet nie gesien word as 'n plaasvervanger vir behandeling as daar parasietprobleme ontstaan nie. Daarbenewens is ‘n modderbad natuurlike gedrag vir varke en moet dit beskou word as noodsaaklik om varke gelukkig en ontspanne te hou.

Translated by Hazel Oliver