Wat is Plantmaats?

© Marinda Louw

Tussenry verbouing en plantmaats (‘intercropping’ en ‘companion planting’) is wanneer twee of meer gewasse wat beide voordelig is vir mekaar, naby mekaar geplant word. Hierdie is ‘n strategie om bio-diversiteit te bevorder. Dit is ’n bekende konsep in organiese landbou en beteken die teenwoordigheid van ‘n groot verskeidenheid spesies.
Buiten die verbetering van bio-diversiteit van die produksie eenheid word plantmaats ook gebruik om die grond se gehalte en opneembaarheid van voedingstowwe te verbeter, insekte weg te hou, as lokvalle vir insekte te dien of om voordelige insekte aan te trek.

Voordelige Metgesel Plante

Partykeer word daar net ’n paar plante van ’n spesifieke soort in ’n akker groente geplant, byvoorbeeld ’n paar koppe kool tussen die pampoen. Plantluise word deur die kool aangetrek en hulle voed dan op die kool eerder as die pampoen.
‘n Ander goeie voorbeeld is wanneer mielies, rankbone en pampoen saam geplant word. Bone verskaf stikstof, mielies ondersteun rankbone en beskerm pampoene teen boorders en pampoen bedek die grond oppervlak en verhoed die groei van onkruide.
Party plante (roosmaryn, wildeals) hou insekte weg en is dan ’n natuurlike insekweerder. Ander plante (wortels, anys) lok insekte soos ‘ladybirds’ (liewenheersbesies) wat plantluise vreet. In baie gevalle is die plantmaats kruiesoorte. Die tabel hieronder gee ’n aanduiding van watter plante vir watter doel gebruik kan word.

Goeie en Slegte Plantmaats

Surplus People Project (SPP) se organiese handleiding ‘Beginsels van Organiese Verbouing en Lewendehawe Produksie’ vir nuwe boere beveel die volgende plantmaats aan:
Gewas: Boontjies
Hou van: Gousblom, beet, kool, wortels, blomkool, seldery, komkommer, mielies, aartappels, aarbeie
Haat: Dille, vinkel, all lede van die ui-familie
Gewas: Beet
Hou van: Aspersie, ui, onion, knolkool (‘kohlrabi’), boontjies, blaarslaai, kool-familie
Haat: Mostert
Gewas: Kool
Hou van: Betroot, seldery, spriet-uie, uie, roosmaryn, salie, tiemie
Haat: Vinkel, alle lede van die ui-familie
Gewas: Wortel
Hou van: Basiliekruid, spriet-uie. Blaarslaai, uie, ertjies
Haat: Brokkoli, kool, blomkool, dille, vinkel, aartappels
Gewas: Seldery
Hou van: Gousdblomme, boontjies, brokkoli, kool, preie, pietersielie, spriet-uie, tamaties
Haat: Geen
Gewas: Komkommer
Hou van: Bone, groen pepers, blaarslaai, kappertjies, radyse
Haat: Kruie, waatlemoen, spanspek, aartappels
Gewas: Eiervrug
Hou van: Basiliekruid, boontjies, blaarslaai, ertjies, aartappels, spinasie spinach
Haat: Geen
Gewas: Krulkool (‘kale’)
Hou van: Kool, dille, aartappels, roosmaryn, salie
Haat: Aarbeie, tamaties
Gewas: Blaarslaai
Hou van: Beet, kool, wortels, radyse, aarbeie
Haat: Brokkoli
Gewas: Hawer
Hou van: Eiervrug, groen pepers, aarbeie, tamaties
Haat: Geen
Gewas: Spanspek en waatlemoen
Hou van: Knoffel, spriet-uit, ment
Haat: Sitrus, aartappels, radyse, patat
Gewas: Uie
Hou van: Beet, kool, wortels, rissies (‘peppers’), spinasie, aarbeie, tamaties
Haat: Boontjies, ertjies, salie
Gewas: Ertjies
Hou van: Wortels, aartappels, radyse, blaargroentes, eiervrug
Haat: Knoffel, uie
Gewas: Rissies (‘peppers’)
Hou van: Boontjies, beet, wortels, seldery, blaarslaai, mielies, pietersielie, pampoen, radyse
Haat: Boontjies
Gewas: Aartappels
Hou van: Boontjies, brokkoli, kool, eiervrug, krulkool (‘kale’), gousblomme, mielies, uie, ertjies, aarbeie
Haat: Komkommer, spanspek, pampoen, skorsies, sonneblomme, tamaties, raap
Gewas: Pampoen
Hou van: Boontjies, knoffe spriet uie, mielies, radyse
Haat: Aartappels
Gewas: Sojabone
Hou van: Mielies, sojabone sal enige plant wat naby groei, bevoordeel
Haat: Geen
Gewas: Sonneblom
Hou van: Mielies
Haat: Boontjies, aartappel
Gewas: Spinasie
Hou van: Beet, kool, seldery, groen pepers, uie, ertjies, aarbeie
Haat: Druiwe, aartappels, salie
Gewas: Tamaties
Hou van: Stink Afrikaner, basiliekruid, wortels, seldery, spriet uie, uie, pietersielie, salie, brandnetels
Haat: Knolkool (‘kohlrabi’), aartappel, vinkel, kool, mielies

By Marinda Louw