Die wyle Piet Beyleveld was 'n leier in die Springbok Legion, die organisasie van die oud-diensknegte van die Tweede Wêreldoorlog, wat deur kommuniste oorgeneem is. Hy was later president van die Kongres van Demokrate, die kommunistiese frontgroep vir blankes wat as deel van die Kongres Alliansie met die ANC opgerig is. Beyleveld was 'n vriendelike man, eerlik en goed ingelig in sy teenkanting teen Apartheid.
Die veiligheidspolisie het hom in hegtenis geneem en hy het teen sy voormalige kamerade gedraai: hy het erken dat hy sedert 1956 'n lid van die party was en het 'n getuie geword het vir die vervolging om hulle gevange te kry. ’n Rukkie daarna het ek na hom toe gegaan om met hom te praat.
Hy het vrylik gepraat en die laaste geheime partykonferensie wat hy vroeg in die 1960's bygewoon het in 'n huis in Johannesburg beskryf. Hy het die inligting dat Mandela daar was aangebied en ook gesê dat glo hy selfs daar verkies was tot lidmaatskap van die sentrale komitee. Hy het gesê die stemmery ’n geheim was en die komitee se name nie veronderstel was om selfs in partykringe bekend te wees nie.
Op daardie stadium was hierdie inligting dinamiet. Die regering was desperaat om te bewys dat Mandela 'n kommunis is of was. Maar ek het nie Beyleveld se inligting aangemeld nie en het dit in my kop weggesluit. Ek het nie geweet in watter mate die Veiligheidspolisie hom in 'n katpoot verander het nie en ek was vasberade dat hulle my nie sou gebruik om Mandela se naam te versleg nie.
Die verhaal het 'n legkaart gebly. Toe, in 2007, het Padraig O'Malley, in sy biografie van Mac Maharaj, wat saam met Mandela tronk toe gestuur is, aanhalings van party lede gehad het wat sê dat Mandela vir 'n kort tyd ’n lid was. Dit blyk dus dat, meer as veertig jaar later, het Piet Beyleveld my die waarheid vertel.
Translated by Nina Joubert