UNESCO en die Mapungubwe Kulturele Landskap

’n Magtige Koninkryk

©Roger de la Harpe

Mapungubwe is die plek van 'n antieke Afrika-beskawing wat vanaf 900 tot 1300 n.C. op die oewer van die Limpoporivier floreer het. Dit is die vroegste bekende koninkryk in Afrika suid van die Sahara en die invloed daarvan is versprei oor 'n groot gebied, wat dele van wat tans Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe is, insluit.

Daarbenewens was Mapungubwe in sy latere stadiums 'n kragtige koninkryk wat verbind is met vroeë Chinese, Arabiese en Indiese handelaars, wat al sedert 4000 jaar gelede langs die Ooskus van Afrika handel gedryf het.

Toe die Mapungubwe-staat skielik in 1290 n.C. ineengestort het, het die inwoners verhuis na groener weivelde, soos die legendariese klipstad Groot-Zimbabwe.

Dit word nou algemeen aanvaar dat die voormalige bewoners van Mapungubwe van die voorgangers van die hedendaagse Shona en Venda-mense is (en dalk ook bygedra het tot die Sotho-Tswana-nasie). As sodanig speel Mapungubwe 'n sentrale rol in 'n belangrike en grootliks vergete episode van ons vroeë geskiedenis.

’n Verlore Stad

©David Fleminger

Ten spyte van sy historiese afkoms, het Mapungubwe en sy mense egter uit die gemeenskaplike bewussyn geglip, beide onder die plaaslike stamme wat in die omgewing gewoon het en die meer onlangse Europese aankomelinge.

Selfs nadat dit in die vroeë 1930's “herontdek” is, is die verhaal van Mapungubwe gewoonlik as 'n anekdotiese of geheimsinnige hoofstuk in Afrika se donker verlede afgemaak, en dit is na die boegwaters van die geskiedenis verwerp. Maar dis nou besig om te verander.

In 1994, te same met die nuwe demokratiese bedeling, was daar 'n hernieude belangstelling in die eens-verwaarloosde ryk van Afrika-voorgeskiedenis (d.w.s. alles wat die koms van Van Riebeeck voorafgegaan het). Daar was ook 'n begeerte om simbole van 'n trotse Afrika-verlede te vind en te herwin wat as 'n baken vir die 'Afrika-Renaissance' kon dien. Mapungubwe was perfek hiervoor.

Die Eerste Inheemse Koninkryk

©Jacques Marais

Die betekenis van die terrein strek tot oor ons plaaslike grense. Na 'n suksesvolle aansoekproses is die Mapungubwe Kulturele Landskap in Januarie 2002 as Wêrelderfenisgebiednommer 1099 verklaar. Soos ICOMOS (die Internasionale Raad op Monumente en Terreine) in hul verslag aan UNESCO verklaar het, is Mapungubwe van universele waarde omdat dit die opkoms en vervalling van die eerste inheemse koninkryk in Suider-Afrika voorstel.

Binne die terrein is die oorblyfsels van drie hoofstede, hul satelliet-nedersettings, en die lande rondom die samevloeiing van die Limpopo - en Shashe-riviere, wie se vrugbaarheid die groot bevolking binne die koninkryk ondersteun het vir ’n indrukwekkende Verder sê ICOMOS dat Mapungubwe se ligging by die kruising van die noord/suid - en oos/wes-roetes in Suider-Afrika dit toegelaat het om handel aan Indië en China deur die Oos-Afrika hawes en binne Suider-Afrika te beheer.

Goud en ivoor – kommoditeite wat elders skaars was - is in die agterland ingesamel en gevolglik gesorg vir ’n wonderlik vertoning van weelde, soos Chinese porselein en Persiese glaskrale. Mapungubwe se relatief skielike ondergang, vanweë verslegtende klimaatstoestand en die verlating van die hoofstad, beteken dat die koninkryk se oorblyfsels bewaar gebly het. Mapungubwe se posisie as die magsbasis in Suider-Afrika het noord geskuif na Groot-Zimbabwe en Khami - Mapungubwe moet as die voorganger van hierdie twee koninkryke beskou word.

Kulturele Landskap

©Roger de la Harpe

Mapungubwe is dus 'n waardige ontvanger van die status van Nasionale Erfenis en Wêrelderfenis. Maar waar pas die term “kulturele landskap” in? Wel, sedert 1992 is belangrike interaksies tussen mense en die natuurlike omgewing as kulturele landskappe erken, en Mapungubwe pas hierdie beskrywing goed.

Volgens Jane Curruthers, 'n gerespekteerde omgewingshistorikus, is Mapungubwe nie natuurlik nie, maar 'n omgewing wat gebou is om die samelewing wat dit gebruik het, te weerspieël. Die dryfkrag agter die oorspronklike samelewing was die gebruik, uitbuiting en maksimalisering van natuurlike hulpbronne om sosiale, politieke en ekonomiese waardes te versterk.

Volgens P. Fowler is baie van die wêreld se aardse oppervlak tot 'n mindere mate “kulturele landskappe” en een van die belangrikste langtermyn voordele van die insluiting van kulturele landskappe onder die Wêrelderfeniskonvensie is dat dit sal help om oral bewusmaking van landskapskwessies in die algemeen te bevorder.

Translated by Nina Joubert