Stres Weens Hitte by Varke

©Glenneis Kriel
Piglets suffering from heat stress will be less active than normal.
Varke is uiters sensitief vir warm en koue klimaatstoestande. Die ideale temperature waarteen hulle aangehou behoort te word sal afhang van kamertemperatuur, relatiewe humiditeit, ouderdom van die vark, die ras, die tipe vloer en die hok. As ‘n algemene riglyn gedy volwasse varke teen temperature hoër as 15 grade celsius en laer as 30 grade celsius.
Dis uiters moeilik vir varke om hulleself af te koel. Hulle sweet nie, hulle longe is klein in verhouding tot hul liggaamsgrootte en hulle het ‘n dik laag spek (vet) wat hulle isoleer teen koue. Genetiese vebetering het die probleem erger gemaak volgens Alltech, sodat vandag se rasse meer as 30% meer interne hitte produseer weens metabolisme en respirasie as varke in die vroeë 1980’s.

Tekens van Stres

©Glenneis Kriel
Pigs struggle to cool themselves down.
Stres weens hitte is ‘n groot uitdaging in Suid-Afrika weens ons warm klimaatstoestande, en weens klimaatsveranderinge gaan dit waarskynlik nog warmer word in die toekoms. Daarom moet boere baie goed besin oor die klimaatstoestande in die area waar hulle beoog om met varke te boer en voor die tyd al ‘n strategie bedink teen hittestres.
Versuim om dit te doen sal ‘n negatiewe impak hê op voedselinname, groeikoerse, melkproduksie van sôe en selfs reproduksie, omdat dit kan lei tot onvrugbaarheid. Stres weens hitte kan vloeistofwanbalanse veroorsaak wat diarree, en in erge gevalle, die dood tot gevolg hê. Dit kan ook ‘n vark oor die algemeen meer kwesbaar maak vir siektes.
Varke wat ly aan hittestres of sonsteek sal vinnig asemhaal en nie baie aktief wees nie. Hulle sal plat lê in ‘n poging om minder energie te genereer en af te koel. In erge gevalle word hulle swak, hul spiere begin bewe en hulle mag braak of aan diarree ly.

Voorkoming

©Glenneis Kriel
Hardier breeds might be a better option if the pigs are produced outside.
In moderne fasiliteite maak boere van klimaatskontrole gebruik om die kamertemperatuur en humiditeitsvlakke te beheer. As jy nie toegang het tot sulke fasiliteite nie, moet jy jou varkhokke so ontwerp dat hulle koel sal wees in die somer deur strategiese plasing en die gebruik van isolasiemateriaal. Sinkplaatdakke kan byvoorbeeld bedek word met blare of gras om die temperatuur af te bring. Boere kan ook sproeiers op die dakke aanbring om die hokke af te koel tydens hittegolwe.
Die impak van die vloermateriaal moet ook in ag geneem word want sommige vloermateriaal genereer meer hitte as ander.
Volgens die Pig Site, sal ‘n 5kg vark op strooi gedy teen temprature tussen 27 en 30 grade celsius, maar teen 32 tot 39 grade celsius op ‘n hortjiesvloer.
As die varke buite aangehou gaan word, maak dit sin om ‘n meer geharde, inheemse ras te gebruik wat in staat is om warmer klimaatstoestande te verdra.
Varke met swart velle is ook minder kwesbaar vir sonbrand. Varke wat buite aangehou word moet toegang hê tot skadu en skuiling.
Modderpoele sal ook help om varke af te koel en die modder verskaf gedeeltelike beskerming teen sonbrand.

Behandeling

©Glenneis Kriel
Sprinkling water over pigs or a mud bath may help to relieve heat stress.
Slegs ‘n paar uur blootstelling kan ‘n negatiewe impak op produksie hê, dus moet varke so gou moontlik afkoel as klimaatstoestande hoër styg as die ideale temperature waarteen hulle behoort aangehou te word. Om varkgetalle kleiner te maak kan ook help, aangesien groot getalle varke die situasie kan vererger.
Stappe moet gedoen word om voerinname in stand te hou. Alltech stel voor dat boere die voer vars moet hou, die ru-proteïne in die voer minder maak, vet en olie gebruik vir kitsenergie, die voedingswaarde digtheid van die voer verhoog of die varke nat voer gee om inname aan te moedig.

Translated by Elna Van Rhyn