Southern Tree Agama

© Roger de la Harpe

Naam

Boomkoggelmander (Acanthocercus atricollis)

Klas

Reptilia (Reptiele)

Orde

Squamata (Skubreptiel)

Familie

Agamidae

Subspesies

Daar is moontlik tot 6 spesies, maar almal is swak gedefinieer.

Lengte

Vroulik: 135 mm
Manlik: 167 mm

Beskrywing

’n Baie groot koggelmander met ’n breë kop. In die paarseisoen het die mannetjie ’n helder kobaltblou kop en ’n dowwe blou tot blou rug met helderblou stekels voor en strooigeel stekels agter.

Verspreiding

Die boomkoggelmander kom voor in Ethiopië, deur Oos Afrika na die noordoostelike dele van die subkontinent, die suidelike grense in KwaZulu-Natal, Oos Botswana (Lobatsi) en Ovamboland.

Voortplanting

Die wyfie lê 5 - 14 ovaal, sagte-dop eiers in ’n gat gegrawe in klam grond en dit broei na 90 dae uit.

Dieet

Die boomkoggelmander eet ruspes, sprinkane en kewers.