Op een vlak was die Basotho van Moshoeshoe kultureel en polities verenig. Tog was kulturele verdeeldheid, gebaseer op stam en verwantskap duidelik in die nasiebou era en duur dit voort tot vandag toe. Administratiewe afdelings (distrikte, sub-distrikte, wyke en dorpe), gebruik en versterk deur die Britse administrasie van Basoetoeland, duur ook voort, alhoewel slegs in Lesotho.
Alle Basotho behoort aan 'n stam, 'n sosiale kategorie waarvan die lede 'n stam naam deel wat hulle assosieer met 'n dier totem of voorouer. Die assosiasie is van die patrilineêre stelsel, met elke persoon wat die stam se naam dra wat van sy of haar vader, vaderlike oupa, ens af kom. Ongehude moeders gee hul stam name aan hul kind, tensy die vader vaderskap erken.
Volgens Basotho legende, het mense eerste ontstaan uit 'n moeras by 'n mitiese plek met die naam van Ntsuanatsatsi. Hulle het die moeras in groepe verlaat wat stamme (liboko) gevorm het met elkeen wat 'n dier as god-beskermer toegeken is. Die totem vir Moshoeshoe se stam byvoorbeeld, was die krokodil (Koena).
Totems was heilig en toegerus met die kwaliteit van 'n Molimo ('n god of onsigbare wese), en moes vereer en gevrees word. Alle lede moes taboes en ander gebruike, van die totem dier van die stam, eerbiedig en in ag neem. Die dorp (Motse) was die basiese eenheid van administratiewe beheer. Die aantal inwoners van 'n Motse het gewissel van 'n paar tot baie honderde.
Die meeste van die volwasse manlike inwoners was verwant aan mekaar deur die vaderlike lyn, maar mans van verskillende stemme het dikwels in een Motse gewoon. In vroeër tye, was wonings gebou van modder wat versterk was met gras, en oor 'n raamwerk van jong boompies gepleister is.
Oor 'n eeu gelede, met die invloed van sendelinge, het grasdak huise van gekapte klip baie gewild geword. Hulle was rond of vierkantige, met een kamer of 'n paar. Waar klippe nie geredelik beskikbaar was nie, is huise gebou van modder blokke, en versier met klein klippies wat aan die mure vasgemaak is, of versier met lyn patrone in die modder.
Vandag bou baie Basotho vierkantige huise met plat sinkdakke. Huise wat geheel en al van sinkplate gebou is word gevind in die ontluikende dorpe van Lesotho en die Vrystaat. Baie ou Basotho dorpe was prentjiemooi, wat goed met die omgewing saamgesmelt het. Deur die huise op opgeligte terrasse en koppies te bou was daar baie dale en vlaktes om landbou te bewerk. Pogings om nedersettings in die koloniale 1950s en 60 te groepeer het mense in Lesotho in groter dorpe geforseer.
Soos in die verlede, bestaan dorpe vandag uit huise. Tipies het elkeen 'n man, sy vrou en kinders, maar baie is deesdae onder leiding van 'n ongetroude ma, met drie of vier geslagte van kinders.
Die geskiedenis van die mans as trekarbeiders op Suid-Afrikaanse myne; kan toegeskryf word aan die wye diversiteit in huishoudings vandag. Voorheen het huise getroude seuns en hulle vrouens en jong kinders ingesluit. Sommige mans met baie vroue het 'n opstal vir elke vrou en haar kinders gehad, terwyl ander net aparte vertrekke binne 'n enkele vergrote opstal het.
Kleiner krale het bestaan uit net een gebou, maar 'n paar het 'n huis, buitegeboue, stoorkamers en kook hutte gehad. Hulle kon verbind gewees het deur riet heinings of modder mure. Vriende en naasbestaandes het gewoonlik naby aan mekaar gewoon, met hul wonings aangrensend aan mekaar of geskei deur omringde tuine soos die gevalle in die laaglande van Lesotho.
Die uitleg van die landelike dorpies was gebaseer op 'n paar basiese beginsels, wat verander is volgens persoonlike keuse en die eise van die topografie. In die verlede, was die hoofman se private woning in die middel van die hoofkraal, met sy hoofvrou sin langs dit, en dié van junior vroue in rowwe orde van senioriteit rondom hulle. Die hof (lekhotla) was in die voorkant van sy woning en langs dit was die beeskraal en stalle.