Slender Mongoose
Rooimuishond

© Nigel Dennis

Naam

Rooimuishond of Swartkwasmuishond [Galerella sanguinea]

Voorkoms

Die wyfies kan ‘n massa bereik van 575g en is kleiner as die mannetjies wat ‘n massa van 715g bereik. Kleur wissel van ligbruin tot donkerrooi-bruin, afhangende van die area binne die verspreidingsgebied. Hul onderste dele is ligter in kleur. Die lang sterte is swart van kleur, wat kenmerkend van hierdie spesie is. In kouer streke kan hulle melanisties wees.

Dieet

Die Rooimuishond voed hoofsaaklik op klein knaagdiere, reptiele en soms ook op voëls - en is ook bekend om ongewervelde diere te vreet.

Teling

Hulle teel reg deur die jaar, maar geboortes kom meer voor in die reënseisoen. Hulle het 'n swangerskap periode van agt tot nege weke en lewer een of twee werpsels per jaar, elk met tussen een en drie kleintjies.

Gedrag

Hulle is enkellopers, maar 'n kollektiewe grondgebied kan verdedig word deur koalisies van tot vier mannetjies. Hierdie gebied mag die omvang van verskeie wyfies insluit. Verwante en onverwante mannetjies word by hierdie koalisie ingesluit. Grondgebiede word nie deur volwasse wyfies gedeel nie. Beide die manlike en vroulike nageslag versprei om hul eie gebied te vind.

Habitat

Die Rooimuishond bewoon die oop savanne, waar hulle meer dig beboste gebiede verkies. Neste word gevestig in ongebruikte termiet hope, rotse en hol bome. Klip koppies word ook gereeld besoek.

Waar hulle gevind word

Die Rooimuishond word in die sentrale en noordoostelike streke van Suid-Afrika en in Namibië, Botswana, Zimbabwe en in Oos-en Wes-Afrika aangetref.