Sauvignon Blanc

© Glenneis Kriel

Naam

Sauvignon Blanc

Beskrywing

Sauvignon Blanc produseer wyne met ’n definitiewe groen en kruieagtige geur. Die naam beteken ‘wilde wit’ in Frans en hierdie variëteit kom moontlik van die antieke Traminer familie. Dit is een van die mees aangeplante variëteite in die wêreld.

Oorsprong

Dit groei al in Frankryk vanaf die 18de eeu en het bekendheid verwerf vir die gebruik in wyne van die Loire vallei en Bordeaux.

Ander Name

In Duitsland is dit bekend as Feigentraube, in Oostenryk as Muscat Silvaner, in Roemenië as Sauvignon Gros, in Amerika as Fumé Blanc en in Siprus, Portugal, Italië, Slowakye, Slowenië en die Tsjeggiese Republiek as Sauvignon.

Produksie in Suid-Afrika

Dit is onbekend wanneer Sauvignon Blanc in Suid-Afrika ingekom het, maar daar was al wingerde by Groot Constantia in die laat 1880’s. Die swak gehalte van hierdie wynstokke het tot gevolg gehad dat die meeste in die 1940’s uitgeroei is.

Hierdie variëteit het in die 1970’s populêr geword toe daar virus vrye steggies van die Landbou Navorsingsentrum in Nietvoorbij beskikbaar gestel is. Vandag is dit een van die vyf mees aangeplante variëteite.

Produksie Streke

Die wingerdstokke floreer in medium potensiaal grond en in koeler klimaatstreke. Dit word geproduseer in al die wynproduserende streke van Suid Afrika, met Stellenbosch wat die grootste area onder produksie het en dan Robertson, die Swartland en Worcester. Dit is die mees aangeplante variëteit aan die Kaapse Suidkus.

Groei

Dit is ’n gemiddelde tot vinnige groeier en het ’n gemiddelde opbrengs potensiaal van 9 tot 13 ton per hektaar.

Oestyd

Die variëteit is vroeg in die mid-seisoen ryp, gewoonlik die middel van Februarie.

Druiwekorrels

Die kort ovale korrels is ’n geelgroen kleur en is klein tot mediumgrootte. Die dop is dun en sag en die vleis is sappig met ’n definitiewe grasagtige geur.

Blare

Die ronde blare is klein tot mediumgroot, donkergroen en vyflobbig.

Siektes en Plae

Sauvignon Blanc is matig vatbaar vir witroes en donsskimmel. Dit is geneig tot botritis, veral in vrugbare grond. Dit kry maklik rypskade en moet die koelste temperatuur hê van al die variëteite gedurende veroudering.

Gebruik

Die meeste van die Sauvignon Blanc wyne is ongehout. Om hierdie variëteit met Sémillon te versny word al hoe meer gewild. Daar word Noble Late Harvest wyne van Sauvignon Blanc wat met botritis besmet is gemaak.

Smaak

Sauvignon Blanc wat in warm klimaatstreke geproduseer word, het wyne met ’n tropiese en geel vrug geur terwyl die in die koeler klimaat kondisies wyne met ’n spesery geur of kruieagtige ondertone soos gras, aspersie en groen vye het.Translated by Ananda Schoeman