Die politieke organisasie van die Zulu was soos 'n piramide gebou. Die basis van die struktuur was die individuele huishoudings (imizi), wat uit die kleinste politieke eenhede in die regering van die land bestaan het. Elke Umuzi was onder die beheer van die umnumzane (huishoudelike hoofman), wat verantwoordelik was vir die behoud van orde en die hantering van enige binnelandse of plaaslike dispute wat mag ontstaan het. Hy was verantwoordbaar aan die induna - die hoof van die distrik (isigodi) waarin die Umuzi geleë was. Die hoof van die distrik was verantwoordelik vir alle wet en orde in sy distrik en verskille wat die huishouding se hoofman nie kon skik nie of wat te groot/belangrik vir hom was om te hanteer.
Die distrik op sy beurt het deel gevorm van 'n groter streek, die isifunda, wat beheer was deur 'n belangrike distriks hoofman of oorerflike hoof (inkosi), wat direk verantwoordbaar aan die koning was. In 'n land en 'n tyd waarin dit fisies moeilik was om kommunikeer, het hierdie ineenknoping piramidale politieke struktuur voorsiening gemaak vir 'n doeltreffende manier vir die koning om politieke beheer oor sy koninkryk uit te oefen.
Van hierdie struktuur het die inmenging van opeenvolgende wit regerings oorleef, en Suid-Afrika se nuwe demokratiese regering, wat in 1994 verkies is, is die behoefte om tradisionele gesagstrukture te ondersteun en in stand te hou in die belang van landelike stabiliteit erken. Sommige tradisionele praktyke is egter in stryd met die bepalings in Suid-Afrika se nuwe grondwet, wat gelykheid ongeag ras, godsdienstige affiliasie of geslag waarborg. Die toekenning van grond aan vroue, wat nie in die verlede toegelaat sou word nie, het dus meer algemeen geword.
Translated by Wilma Koeppen