Pipefish
Pypvis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Pypvis

Wetenskaplike naam

Syngnathinae

Grootte

Tot 60 cm, gemiddeld 12 cm.

Identifikasie

Lang, slanke, slang-agtige liggaam met klein, langwerpige snoet met mond aan die punt. Enkele rugvin. Klein, ronde stervin. Reekse benerige uitsteeksels bedek die hele liggaam. Kleur varieer aansienlik. Sommige spesies kan baie keurvol wees met rooi, geel en oranje bande.

Algemene Inligting

Die Syngnathinae sub-familie bestaan uit 23 genera en 120 spesies. Familie van die seeperdjies. Rugvin word gebruik vir aandrywing. Gebruik ‘n suigaksie om prooi in die hande te kry. Mannetjies het ‘n broeisakkie of sponsagtige area waarin eiers gelê, bevrug en gehou word totdat hulle uitbroei. Sommige is ten volle ontwikkel terwyl ander ‘n larwe-stadium betree.

Voeding

Leef van klein ongewerweldes.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Black-breasted pipefish (Corythoichthys nigripectus)
Cleaner pipefish (Doryrhamphus janssi)
Ornate ghost pipefish (Solenostomus paradoxus)