Oes Hitte-eenhede en Koue-eenhede

©Louise Brodie

ʼn Plant het 'n hitte en kouetydperk nodig vir sekere prosesse om plaas te vind in sy groeisiklus.

Oes Hitte-eenhede

Hitte-eenhede (CHU) toon die invloed van temperature op ʼn oes se groei en ontwikkeling aan. Die groei van ʼn plant is afhanklik van die totale aantal hitte wat dit onderhewig is aan gedurende sy lewensduur, opgehoop as grade per dag. Lae temperature veroorsaak stadiger volwassenheid van die plant en hoër temperature jaag weer volwassenheid van die plant aan. 

In Suid-Afrika gebruik ons 10°C, geskik vir mielies, ons stapelvoedsel graangewas, as ʼn basislyn vir die temperatuur.

Die basislyn van die temperatuur is die temperatuur wat die plant beskadig as dit onder daardie temperatuur gaan, deur nie te kan groei nie asook nie ʼn oes kan verskaf nie. Die basislyn van die temperatuur verskil tussen verskillende gewasse. Die basislyn temperatuur byvoorbeeld vir ertjies is 4°C, wat ʼn winter weer gewas is; en 10°C vir mielies, wat ʼn somer graan gewas is. Dit is 13°C vir sitrus en suikerriet, en 18ºC vir dadelpalms.

Ander faktore wat ook die groei van gewasse beïnvloed is die lengte van daglig, grondvrugbaarheid en water wat in die grond is. Die rypword proses kan vertraag word deur ʼn hoë waterinhoud in die grond of bespoedig word deur ʼn lae water inhoud.

Peste van Oes en Temperature

©Olaf Leillinger

Gewasse se peste word ook beïnvloed deur hitte en het ook ʼn minimum drumpel vir temperature. Daarom kan die eenhede hittegraad konsep vir die dag gebruik word om die verskyning van insekte te voorspel en die spuit van  plaagdoders te beplan. 

Die basislyn temperatuur vir die aspersiekewertjies, ʼn pes in sitrus, perske, apples oeste ens., is 11ºC. Die basislyn temperatuur vir die katoen bolwurm wat ʼn pes is vir ertjies, boontjies, koring, katoen, sitrus, aartappels, tamaties en lusern oeste is 14ºC. Terwyl die Oosterse vrugtemot wat ʼn groot pes is vir perske oeste, se basislyn temperatuur net 7ºC is.

Wat is Koue-eenhede?

©Louise Brodie

Koue-eenhede word gewoonlik ‘positive chill units’ (PCUs) genoem. PCUs is die teenoorgestelde van hitte-eenhede.

ʼn Baie komplekse berekening word gebruik om die totale aantal ure onder ʼn gegewe temperatuur te bepaal, byvoorbeeld 4°C. In Amerika word temperature van 4.4°C en 7.2°C gebruik om die basislyn temperature van koue ure onder hierdie temperature te bepaal.

Oeste benodig koel temperature vir verskeie redes. Sagtevrugte gaan in 'n rustydperk teen die einde van die somer. Groei staan ​​stil totdat die plant 'n sekere aantal koue ervaar het tydens die winter. Perskes byvoorbeeld het temperature tussen omtrent 2.5°C en 9°C  nodig vir die voltooiing van die rus tydperk.

As die miminum koue benodig nie bereik word nie, lei dit tot probleme soos bv. die vertraagde bot van die blomme (perskes, latere oes ens.) of te min blomme wat bot (appels – kleiner en minder vrugte ens.). Dit veroorsaak ernstige vermindering in opbrengs. 

Vir oeste soos bv. perskes en appels word chemikalieë soms gebruik om die blomme se bot aan te help indien die PCUs nie voldoende was om natuurlike bot van die bome te verseker nie. 

In die produksie van sagtevruge kan area voorspellings gebasseer op die PCUs gemaak word om die bot van die bome, blomme vries gevare en oesdatums te voorspel. Dit kan ook gebruik word om die groei van die blomme te vertraag om ryp skade te voorkom of om te bepaal of 'n gebied geskik is vir die verbouing van 'n spesifieke gewas. 

Koring vereis 'n koue behandeling, genoem vernalisasie. Vernalisasie is wanneer lae temperature benodig word om die groei van blomme en graan produksie te stimuleer.

©WRC

Translated by Wilma Koeppen