Nyala
Njala

© Nigel Dennis
Male nyala.

Naam

Njala [Nyala angasii of Tragelaphus angasii]

Voorkoms

©Roger de la Harpe
Female nyala and calf.
Die aantreklike bruin pels is gemerk met wit vertikale strepe en kolle op die sye. Ramme is meer houtskoolgrys. Die ramme het lang binnekanttoe gedraaide horings (650 mm) en die gesig is versier met wit patrone.
Hulle het 'n rif lang hare langs die borskant, van agter die ken tot tussen die agterpote, hulle het ook 'n maan van dik swart hare van die kop langs die ruggraat af tot by die kruis. Ramme weeg 115kg en meet 1,05m by hulle skouers. Ooie is baie kleiner en het nie horings nie, en weeg 59kg en staan ​​900mm by hulle skouers. Ooie is neutkleurig met nog meer prominente wit strepe aan die sye.

Dieet

Hierdie boksoorte voed deur beide weiding en takvoeding en sal maklik op blare, vrugte en blomme voed. Hierdie verskeidenheid in hul dieet is een van die faktore wat hulle suksesvolle oorlewing verseker.

Teling

Hulle word regdeur die jaar geteel, maar in die herfs en in die lente is die hoogtepunte vir hulle geboortes. Enkele kalwers word gebore na 'n dragtigheids periode van 220 dae. Tweelinge is nie ongewoon nie.
Ooie begin eers tussen 14 en 18 maande verwagtend te raak. Gemiddelde rustydperk tussen geboortes is 297 dae. Paring geleenthede vir ramme word bepaal deur dominansie gedrag.

Gedrag

'n Interessante feit is dat die jong ramme soos ooie lyk. Daar word vermoed dat dit die jong mannetjies kamoefleer en hulle beskerm teen die jaloerse oë van die dominante bulle. Die jong ramme word dus toegelaat om vreedsaam te groei onder die beskerming van die kudde.

Habitat

Hierdie redelike groot bok bly in digte bosvelde en ruigtes langs permanente water. Hulle is baie geheimsinnig en word snags makliker gesien. Die njala is nie-territoriaal, maar beide geslagte het oorvleuelende verblyf areas. Die verblyf areas van ooie is twee keer so groot as dié van ramme.

Waar Hulle Gevind Word

As gevolg van hervestiging word Njalas aangetref in 'n aantal wildreservate en private plase regdeur Suid-Afrika. Hulle kom die meeste voor in die Krugerwildtuin.

Noodsaaklike Statistieke

Gewig (Vroulik): 55 - 68 kg
Gewig (Manlik): 92 - 126 kg
Dragtigheids Periode: 8 maande
Hoeveelheid kleintjies: 1 kalf
Geboortegewig: 5 kg
Orde: Artiodactyla
Familie: Bovidae
Horings: 64 cm (rekord - 84 cm)
Teling: 'n Enkele kleintjie word elke keer gedurende die jaar gebore (spitstyd in Augustus - Desember), gestasie periode ± 7 maande.
Spoor Beskrywing: Die voorpote van die ramme is relatief groter as dié van die ooie. Volwasse ramme is ook groter as ooie.