’n Intieme Oomblik Tussen Nelson en Winnie Mandela

© Dr Peter Magubane
’n Teer oomblik tussen Nelson en Winnie Mandela by ’n funksie met Oliver Tambo.
Winnie Madikizela het maatskaplike werk studeer en terwyl sy die Baragwanath-hospitaal in Soweto gewerk het, het sy 'n kamer met Adelaide Tsukudu gedeel. Tsukudu sou later die vrou van die ANC-president, Oliver Tambo, word. Oliver Tambo was daardie tyd ’n kollega van Nelson Mandela en hulle het by dieselfde regsfirma gewerk.
Winnie en Nelson Mandela is in 1958 getroud en het twee dogters gehad, voordat hy drie jaar later in 1961 in hegtenis geneem is. Hulle het mekaar tydens sy gevangenisskap 'n paar keer gesien, maar gedurende die halfuur-lange besoeke is hulle deur gaasdraad geskei en daar was altyd 'n wag binne hoorafstand. Hulle mag nie Xhosa gepraat het nie, slegs Engels of Afrikaans. Nelson se lewe in die tronk was op akademie gefokus, terwyl Winnie die polisie se teistering, intimidasie en aanhouding gekonfronteer en verduur het. Haar revolusionêre oortuigings het haar ongewild gemaak by die apartheidsregering.
Hulle was elkeen 'n reus in die anti-apartheidstryd, en daarom was Winnie en Nelson se lewe na sy vrylating uit die tronk besig met reis-, toesprake- en mediapligte. Tussendeur kon hulle soms 'n paar intieme oomblikke deel, wat op kamera vasgevang is. Toe hy president geword het, het Nelson vir Winnie aangestel as die ANC se hoof van maatskaplike welsyn. Ongelukkig het die egpaar in 1996, ná 'n huwelik van byna 40 jaar, geskei.

"’n Goeie kop en ’n goeie hart is altyd ’n formidabele kombinasie." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - The Charm of Mandela

Nelson Mandela het in 1990 na sy vrylating uit die tronk na sy huis in Soweto teruggekeer. Nelson het groot geword in No. 8115 Vilakazistraa...more

Mandela 100 - The Fight for Freedom

Mandela was geliefd deur sy ondersteuners en 'n simbool van vryheid vir almal. Hy word dikwels gesien as 'n goddelike figuur in Suid-Afrika,...more

Mandela 100 - The Mandela Legacy

Mandela ontvang ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg....more

Mandela 100 - Timeless Madiba

Verskeie politieke aktiviste, insluitend Nelson Mandela, wat destyds 'n prokureur was, het in die 1950's van verraad beskuldig gestaan....more