Muscate D'Alexandrie
Hanepoot

© Glenneis Kriel

Naam

Muscat d’Alexandrie ook bekend as Hanepoot

Beskrywing

Muscat d’Alexandrie of te wel Hanepoot is ’n veelsydige wit druif variëteit wat bekend is omrede die soet wyne wat daarvan geproduseer word. Dit is afgelei van die Muskadel familie. Daar is ook ’n pienk variëteit bekend as Flame Muscat in Kalifornië en Rooi Hanepoot in Suid Afrika.

Oorsprong

Hierdie variëteit is oorspronklik van die Mediterreense streek. Die algemene konsep is dat dit van ’n streek naby die Port van Alexandrië, vandaar die naam Muscat d’Alexandrie, afkom en dat Fenisiese handelaars dit na Griekeland geneem het en van daar na die res van Europa.

Ander Name

Ook bekend as Muscat Romain in sekere dele van die wêreld en as Hanepoot in Suid Afrika.

Produksie in Suid Afrika

Daar word geglo dat dit die ‘Spanish druyfen’ (Spaanse druiwe) is waarna Jan van Riebeeck in sy dagboek verwys het. Dit is dus heel moontlik een van die eerste druif variëteite wat na Suid Afrika ingevoer is. Die variëteit is ’n gewilde ‘winter verwarmer’.

Produksie Streke

Die variëteit gedy in warm sonnige areas met ’n lae humiditeit. Dit word in al die wynproduserende streke aangeplant, met die Breedekloof wat die grootste area onder produksie het en dan die Olifantsrivier.

Groei

Dit is ’n gemiddelde groeier met ’n hoë opbrengs potensiaal van 20 tot 23 ton per hektaar afhangende van die produksie kondisies.

Oestyd

Die druiwe word laat ryp, gewoonlik einde Maart.

Druiwekorrels

Die korrels is groot en rond met ’n groen dop wat geelwit tot amper ’n dowwe goud word as dit ryp is. Die dop is dun, maar taai en die vleis is helder, sappig en soet.

Blare

Die mediumgrootte blare is donkergroen en vyflobbig.

Siektes en Plae

Die variëteit is vatbaar vir witvrot, donsskimmel en antraknose (swartroes). Sonskade is ’n probleem met ouer blare wat geel of bruin hitte vlekke kry.

Gebruik

Die variëteit is bekend as ’n gefortifiseerde wyn en word gebruik om Muskadel, Jerepigo, Grappa, tafelwyne, likeurs en brandewyn te produseer asook vir tafeldruiwe, rosyntjies, druiwesap en moskonfyt.

Smaak

Heerlike wyne met ’n blomagtige boeket en intense heuning en rosyntjie geure kom van die Muscat d’Alexandrie variëteit.Translated by Ananda Schoeman