Mapungubwe Kulturele Landskappe

Ongelooflike Natuurlike Vesting op ’n Koppie

©Roger de la Harpe

Hierdie ongelooflike natuurlike vestiging op ’n koppie, gedeeltelik versterk met droë klipmesselwerkmure is die ongewoon behoue middelpunt van die eerste koningryk in Suid-Afrika.

Mapungubwe het floreer as ’n belangrike handelsryk by die samevloeiing van die Limpopo - en Shasheriviere (waar Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe ontmoet) vanaf 1220 tot 1290, maar dit was eers in die 1930’s ontdek.

Die goue artefakte wat by Mapungubwe uitgegrawe is, wat deel vorm van die nasionale landgoed, word nou gesien as Suid-Afrika se beste ystertyd nalatingskap.

Mapungubwe

©Roger de la Harpe

Die artefakte van Mapungubwe - die goue renoster, septer en bakkie – word vertoon by die Universiteit van Pretoria, maar jy kan steeds op ’n geleide toer van die verskeie argeologiese liggings in die Mapungubwe Nasionale Park – een van die dae die Limpopo-Shashe Oorgrens Park, gaan.

UNESCO beskou die area van uiterse universele belang. Van spesifieke belang is die klipsteenkoppie wat die plek sy naam gee en waarskynlik opgetree het as die hoofstad van die handelskoningryk wat omtrent 1000-jaar gelede floreer het.

Mapungubwe Interpretasiesentrum

©Roger de la Harpe

By die Wêreld Argitektuur Fees in Barcelona in November 2009, was die Mapungubwe Interpretasiesentrum in Limpopo, ontwerp deur die Johannesburg firma Peter Rich Architects, verklaar as die 'wêreld gebou van die jaar'.

Dit lyk soos iets tussen ’n reuse termietkolonie en ’n ontwerp van wat Gaudi miskien kon gedoen het as hy gevra was om ’n gebou te ontwerp saam met die Mapungubwe Nasionale Park en die antieke kultuur wat die inspirasie was.

Die kluis-ontwerp wat net-net nie in die middel is nie, asook die buite koepels en die natuurlike teëls wat op die perseel gemaak is deur mense wat voor dit nie ’n werk gehad het nie gee aan die gebou ’n organiese argitektuurstyl wat nog nie in die land gesien is sedert die Kaaps Hollandse tyd nie.

Translated by Nina Joubert