Geologies gesproke lê Mapungubwe in ’n pan, tussen twee granite kraton (’n groot gedeelte stabiele kors). Hierdie area word die Limpopo Belt genoem. Omtrent 250 miljoen jaar gelede het die aarde se kors begin skyf op hierdie belt en gesmelte rots het ’n mantel gevorm wat deur die noue krake in die sandsteen gedruk het.
Dit het dolerite Dykes gevorm en toe die sandsteen weg erodeer het die harde doleriet agtergebly in reghoekige rante. Vanaf die Mapungubwe koppie kan mens duidelik ’n goed gepreserveerde voorbeeld hiervan sien wat regoor die landskap, in ’n reguit lyn, hardloop. Mense dink soms dat hierdie natuurlike dyke eintlik ’n reuse muur is wat deur die inwoners van Mapungubwe gebou is.
Daar was lewe in die Limpopo Pan vir miljoene jare voor mense daar aangekom het. Dinosourus fossiele van omtrent 200 miljoen jaar gelede is daar gevind. Ander objekte van paleontologiese belange sluit fossiele van blomme, heel insekte en termiet hope in. ’n Aantal dinosourus voetspore is ook al geïdentifiseer, ingeëts in die fyn moddersteen.
Daar is egter geen hominide fossiele gevind nie, maar die gereedskap van vroeë steentyd gemeenskappe is volop regoor Mapungubwe Nasionale Park. Meer onlangs is latere steentyd kunstenaars, soos die San, se werk ook geverf op die mure van grotte regoor Leokwe Koppie.
Translated by Nina Joubert