Madiba Dink na Oor ’n Vraag Tydens ’n Onderhoud

© Dr Peter Magubane
Madiba bedink ’n vraag tydens ’n onderhoud.
Madiba was Suid-Afrika se mees geliefde en gerespekteerde figuur. Hy was internasionaal bekend en amper aanbid deur baie mense vir sy vermoë om rassespanning in 'n land op die rand van burgeroorlog te ontlont. Hy was 'n waardige, sagmoedige man wat Suid-Afrika suksesvol gehelp het van apartheid tot demokrasie. Na sy vrylating uit die tronk het Madiba verskeie onderhoude gegee waar hy sy woorde versigtig gekies het en deurgaans kalm gebly het. Hy het gesê onderhandelinge is beter as jy met mense sit en praat en hulle oortuig van die korrektheid van jou saak.
Selfs al was Mandela 'n vriendelike, verfynde man was hy 'n vreeslose leier en het Suid-Afrika tot 'n dag van vryheid, hoop en voorspoed gelei. Een van sy mees bekende aanhalings is: "If you talk to a man in a language he understands, that goes to his head. If you talk to him in his language, that goes to his heart."

"Die dood van 'n mens, wat ookal sy plek in die lewe, is altyd 'n hartseer en pynlike geleentheid." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - Mandela: A Man of Principle

’n Emosionele Brenda Fassie, die Suid-Afrikaanse pop diva, omhels Mandela....more

Mandela 100 - The Charm of Mandela

Nelson Mandela het in 1990 na sy vrylating uit die tronk na sy huis in Soweto teruggekeer. Nelson het groot geword in No. 8115 Vilakazistraa...more

Mandela 100 - The Mandela Legacy

Mandela ontvang ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg....more

Mandela 100 - Timeless Madiba

Verskeie politieke aktiviste, insluitend Nelson Mandela, wat destyds 'n prokureur was, het in die 1950's van verraad beskuldig gestaan....more