Leopard Tortoise
Bergskilpad

© Nigel Dennis

Naam

Bergskilpad [Stigmochelys pardalis], steeds deur sommige geklassifiseer as [Geochelone pardalis].

Klas

Reptilia

Orde

Testudines

Familie

Testudinae

Subspesies

Westelike bergskilpad [Stigmochelys pardalis pardalis] en oostelike bergskilpad [Stigmochelys pardalis babcocki].

Lengte

V - 750 mm
M - 300 – 450 mm

Beskrywing

Bergskilpaaie mag langer wees as 700 mm en swaarder weeg as 40 kg. Die karapaks is koepelvormig en ongeskarnier met die skilde wat slegs effens opgekrul is. Die nekskild is afwesig. Die bek is soms gehaak, is eenpuntig en dikwels getand.

Verspreiding

Die bergskilpad kom voor in al die die savannestreke van Afrika, van Soedan tot die Suid-Kaap. Histories afwesig uit die Suidwes-Kaap en die voormalige Transkei aangrensend aan KwaZulu-Natal en Lesotho, maar nou ook gevestig in sekere areas.

Voortplanting

Wyfies lê gewoonlik 6 – 15 goot eiers met harde doppe. Sy maak weer die gat toe waarin sy die eiers gelê het en stamp die grond vas deur met haar dop herhaaldelik daarop te stamp. Kleintjies weeg 23 – 50 g en is 40 – 50 mm lank.

Dieet

Die dieet van die bergskilpad sluit in plante soos gras en vetplante. Hulle sal ook aan bene kou en die mis van hiënas eet.