Die koejawel is ‘n boom of struik wat oor die algemeen stadig groei. Gekweekte bome word gewoonlik gesnoei tot sowat 2 of 3 m hoog, maar as hulle ongesnoei gelaat word kan sommige variëteite tot 8 m hoog word. Bome dra vrugte vanaf die tweede jaar nadat hulle geplant is en kan aanhou vrugte dra vir tot 40 jaar. Hulle blom in die lente en hoewel bye die vernaamste bestuiwers is, vind self-bestuiwing ook plaas. Die volgroeide bome van die meeste variëteite is redelik rypbestand en kan skielike temperatuurverlagings tot -4°C weerstaan, hoewel temperature onder vriespunt sal waarskynlik jong bome doodmaak of ernstige skade aanrig. Baie hoë temperature gedurende die blom- en vrugtevormingstadiums kan nadelig wees.
Koejawels is rond of ovaal en, afhangend van die variëteit, tipies 6 tot 12 cm in deursnee. Die vrug het ‘n growwe, eetbare skil. Soos die vrugte ryp word, sal die kleur van die skil verander van groen na ‘n geel-groen of pienkerig-geel kleur. Die vrug self is óf diep pienk (rooi koejawels) of bleek-wit (wit koejawels) en die vrugtepulp bevat ‘n menigte klein, harde pitjies. Die aantal en hoeveelheid pitjies verskil na gelang van die variëteit. Koejawels het ‘n kenmerkende, sterk, muskusgeur.
Koejawels is ‘n goeie bron van vitamienes A,B,C en yster. Hulle het ‘n uiters hoë, 257%, van die daaglikse waarde, vitamiene C inhoud, wat selfs hoër is as ‘n papaja of situsvrugte. Die vitamiene C inhoud bly merkwaardig stabiel as die vrugte ingelê of gedroog word. Heel, vars koejawels is ‘n baie goeie bron van B-karoteen en yster en ‘n germiddelde bron van kalsium en kalium. Hulle is ook ‘n goeie bron van vesel en bevat matige hoeveelhede foliënsuur.
Die Suid-Afrikaanse koejawelbedryf is hoofsaaklik gebaseer op ‘n plaaslike kultivar genaamd Faan Retief, vernoem na die grondlegger van hierdie bedryf. Hierdie variëteit het ‘n helderpienk vlees en stam af van die oorspronklike koejawels wat in die sewentiende eeu deur die vroeë Nederlandse setlaars via Madeira na die Kaap gebring is. Die pienk Faan Retief koejawel word hoog aangeskryf deur internasionale sapprodusente.
In 1994 het die Agricultural Research Council (ARC) se Institute for Tropical and Subtropical Crops (ITSC), TSGG2, ‘n verbeterde variëteit, vrygestel. Hierdie variëteit het is meer siektebestand, het minder pitte en is beduidend groter as die Faan Retief koejawel. Dit het egter nie groot aftek gekry in die Wes-Kaap nie weens die hoër opbrengste deur die tradisionele Faan Retief variëteit.
Koejawels word tydens die wintermaande ge-oes en in Suid-Afrika strek die seisoen van Mei tot September of Oktober.
Translated by Elna Van Rhyn